Man slaan vrou dood - kleuter ouerloos
Tanja Bause
'n Angolese man het verlede Dinsdag om 14:00 sy 22-jarige Namibiese vrou herhaaldelik met 'n stok oor die kop geslaan.
Sy het op die toneel gesterf. Die man het na die voorval selfmoord gepleeg. Die voorval het by die Owiwi-nedersetting naby Oshivelo plaasgevind. Die twee laat hul 15 maande oue dogtertjie agter.
Verdere voorvalle verlede week sluit inbrake, verdrinkings en verkragtings in.
Volgens ao. Lazarus Immanuel, woordvoerder van die Namibiese polisie, het die polisie Donderdag om 03:00 'n vermeende inbreker in Ondobe doodgeskiet.
“Polisiebeamptes het 'n oproep oor 'n inbraak by 'n huis in Eembidi ontvang en ondersoek gaan instel. Hulle het niemand op die toneel gevind nie. Toe hulle terug polisiestasie toe ry, het hulle op 'n ongeregistreerde voertuig afgekom.
“Hulle het die voertuig gestop en die bestuurder het op die polisie begin skiet. Nog 'n verdagte het uit die voertuig gespring en ook op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en die verdagte buite die voertuig doodgeskiet. Die ander verdagtes het met die voertuig weggekom en is nog op vrye voet,” sê Immanuel.
Twee mense het die afgelope naweek in 'n waterpoel verdrink. Mnr. Cosmos Kamalu (26) het Vrydag by die Onamanape-nedersetting verdrink. Die vyfjarige Johannes Iishonga het Saterdag by die Otamanzi-nedersetting verdrink.
'n Tweejarige meisie is Donderdag in die Rundu-staatshospitaal dood nadat sy deur 'n slang gebyt is.
By die Onamatanga-nedersetting naby Ruacana is 'n 13-jarige meisie verkrag. Die verdagte is nog op vrye voet.
Twee 17-jarige seuns het 'n 16-jarige meisie beurtelings by 'n huis in Ondangwa verkrag. Die verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie