Man skuldig aan hospitaalmoord
Hendrik Nowoseb (25), wat sy voormalige meisie in die Outjo staatshospitaal met ’n mes aangeval het, is vanoggend in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord. Willemina Tsauses was vir mesteekwonde van ’n aanval deur Nowoseb ’n dag vroeër in die hospitaal behandel toe hy daar opgedaag het en haar op 7 Desember 2014 met ’n mes doodgesteek het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie