Man met 102 Mandrax-tablette op L?deritz vasgetrek
‘n Man is op L?deritz in die //Kharasstreek met 102 Mandrax-tablette ter waarde van N$102 000 vasgetrek. Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die streek, adj. komm. Chrispin Mubebo is die 29-jarige man Donderdag omstreeks 12:45 deur lede van die dwelmeenheid op die dorp vasgetrek. Volgens Mubebo is die pakkie met die tablette deur ‘n koerierdiens vanaf Keetmanshoop na L?deritz vervoer.
Intussen het die polisie op Ariamsvlei op ‘n groot vonds dagga beslag gelê wat op die plaas Nakop tussen die Namibiese en Suid-Afrikaanse grens gevind is. - Nampa
Intussen het die polisie op Ariamsvlei op ‘n groot vonds dagga beslag gelê wat op die plaas Nakop tussen die Namibiese en Suid-Afrikaanse grens gevind is. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie