Man kry 10 jaar vir moord op sy oom
Man kry 10 jaar vir moord op sy oom

Man kry 10 jaar vir moord op sy oom

Erastus Amadhila het skuldig gepleit en erken dat hy mnr. Simon Hanghama by 'n cuca-winkel in Oshaandja in die Oshanastreek doodgesteek het.
Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula op Oshakati – 'n Man is verlede week in die Oshakati-streekhof tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis ná hy sy oom op 23 Julie 2012 dood­gesteek het.

Erastus Amadhila (58) is verlede Woensdag aan moord skuldig bevind en daarna tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie tydens dié tydperk weer skuldig bevind word aan 'n soortgelyke misdaad nie.

Amadhila het skuldig gepleit en erken dat hy sy oom, mnr. Simon Hanghama, by 'n cuca-winkel in Oshaandja in die Oshanastreek doodgesteek het.

Hy het voorts aan die hof gesê hy is nie bly dat hy sy oom vermoor het nie. Amadhila het gesê hy en sy gesin het die doodskis vir die oorledene voorsien en ook die kos en bier vir die begrafnisgangers. Hy is ook glo deur die tradisionele owerheid vir sy “sondes” gestraf. Hy het vir 'n ligter vonnis en om vergifnis gevra.



'NIE SELFVERDEDIGING'

Tydens die vonnisoplegging het landdros Richard Swartz die beskuldigde se weergawe dat hy uit selfverdediging opgetree het, van die hand gewys en die bevindinge in die nadoodse verslag as rede aangevoer.

“Jy het die oorledene ses keer gesteek, vyf keer in die rug en een keer in sy maag. Dít wys hoe ernstig jy hom gesteek het, en dui op geen ander verduideliking as die opset om te vermoor nie. In jou pleitverduideliking insinueer jy dat jy uitgelok is of uit 'n vorm van selfverdediging opgetree het, maar jy is reg om te aanvaar dat jy geen verweer in hierdie saak het nie,” het Swartz gesê.

In sy bekentenis het Amadhila gesê hy het dié middag 'n drankie by 'n plaaslike cuca-winkel gaan drink. Terwyl hy daar was, het Hanghama hom glo genader en gevra om hom agter die winkel te ontmoet.

Amadhila beweer Hanghama het hom begin aanrand toe hulle agter die winkel kom. Volgens sy getuienis het hy probeer om van Hanghama af weg te hardloop, maar die oorledene het hom agternagesit en hom op die grond vasgepen.

Terwyl hulle op die grond gestoei het, het Amadhila 'n mes wat hy by hom gehad het, uitgehaal en sy oom herhaaldelik gesteek.

“Ek was ontsteld en kwaad toe ek die oorledene in die rug begin steek het, want ek kon nie verstaan hoekom hy my aanrand nie. Ek erken dat ek tydens die steekvoorval in 'n sekere stadium geen regmatige rede gehad het om die aanranding voort te sit nie,” het hy gesê.

Mnr. Richard Tsamaseb het Amadhi­la verteenwoordig, terwyl me. Nelao Ya France as staatsaanklaer opgetree het.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!