Man kritiek nadat leeu hom aan nek wegsleep
Michael Hodge lê met ernstige wonde in ‘n hospitaal in Johannesburg.
’n Man is Saterdag kritiek beseer toe ’n leeu hom op ’n wildplaas buite Thabazimbi in Limpopo aangeval het.
Michael Hodge, vermoedelik die eienaar van die Marakele-roofdiersentrum, is Saterdag met ernstige beserings na die Mediclinic Thabazimbi geneem en van daar na die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas, het Martie Du Preez, bestuurder van die Mediclinic Thabazimbi, gisteroggend bevestig.
“Sy toestand was kritiek, maar stabiel. Hy het ernstige wonde gehad, maar ons kan weens die vertroulike aard daarvan nie meer inligting bekend maak nie.”
Hodge se familie het navrae gisteroggend na ’n woordvoerder verwys, maar dié woordvoerder was nie dadelik beskikbaar nie.
’n Video word op sosiale media versprei wat blykbaar tydens die aanval gemaak is. Die egtheid daarvan kon egter nog nie met sekerheid bevestig word nie. In die video kan gesien word hoe ’n man (vermoedelik Hodge) in ’n leeumannetjie se hok loop terwyl iemand dit verfilm. Hy draai dan skielik om en begin terughardloop na ’n kamertjie met veiligheidshekke.
Net voordat hy daar kan ingaan, gryp die leeu hom aan die nek. Die man skree om hulp terwyl die leeu hom weg van die kamer sleep. In die kamer, van waar die video gemaak word, kan die histeriese gehuil en geroep gehoor word van ’n vrou wat vermoedelik die man se dogter is. Iemand anders in die kamer vra dan dat iemand ’n geweer moet kry. Intussen sleep die leeu die man agter bosse in waar ’n mens nie kan sien wat verder gebeur nie. Sy hulpkrete word later stil. Harde geluide, vermoedelik geweerskote, kan ook gehoor word.
Dis nog nie bekend of die leeu geskiet is nie, maar aan die einde van die video staan hy nog regop en ongedeerd in die gesigveld. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie