Man jaag in dierekliniek vas
Man jaag in dierekliniek vas
Aangekla van dronkbestuur
01 April 2019 | Ongelukke
Elvira Hattingh
'n Drywer verbonde aan die kantoor van die president verskyn vandag in die Swakopmund-landdroshof nadat met 'n regeringsbakkie in 'n dierekliniek op die kusdorp vasgejaag is.
Dié 46-jarige man het na bewering Vrydagoggend omstreeks halfvyf in die Swakopmund Vet Clinic vasgery en ernstige skade aan die motor en die gebou aangerig. 'n Video geneem deur 'n sekuriteitskamera wat van die dorp se Spar-inkoopsentrum af op die kruising van Mandume Ndemufayo- en Tobias Hainyeko-straat afkyk, wys hoe 'n wit motor om 04:23 oor 'n stopstraat in die rigting van die kliniek jaag.
Die motor verdwyn uit sig op die video en die ongeluk kan dus nie duidelik gesien word nie. Die beeldmateriaal is intussen wyd in sosiale media versprei.
Die Swakopmund Vet Clinic se bestuur het Vrydagoggend aan Republikein gesê hulle is nog besig om die toneel op te ruim en sal eers later kan vasstel hoe groot die skade is. Die grensmuur en ingang na die kliniek is onder meer erg beskadig. Die kliniek het kwotasies aangevra en sal na verwagting vandag uitvind wat die herstelwerk gaan kos.
Speurhoofinspekteur Jacobus Viljoen van die Walvisbaaise polisie kon Vrydag nie berigte bevestig dat die drywer se alkoholvlakke 0,74 gemeet het nie. Die toelaatbare bloedalkoholvlak vir 'n blaastoets in Namibië is 0,37 mg/1000 ml asem.
Volgens die polisie se misdaadverslag van gister is die drywer op die toneel in hegtenis geneem en die volgende dag op borgtog van N$8 000 vrygelaat. Hy verskyn vandag in die hof op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, asook bestuur onder die invloed van alkohol.

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
2 dae gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
2 dae gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
2 dae gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
2 dae gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
2 dae gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
2 dae gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
2 dae gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
2 dae gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
2 dae gelede | Regering
Kleinadvertensies