Man jaag glo in see in om botsing te vermy
Man jaag glo in see in om botsing te vermy

Man jaag glo in see in om botsing te vermy

Ronelle Rademeyer
'n Taxibestuurder van Ongwediwa het in die nagtelike ure van Vrydag­oggend met sy voertuig by Vierkantklip in die see in gejaag om te verhoed dat hy trompop teen 'n aankomende vrag­motor in sy baan bots.

Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu was mnr. J.E. Jekonia aan die kus om vriende te besoek en hy was ten tyde van die voorval van Walvisbaai af op pad Swakopmund toe.

Jekonia was aanvanklik Vrydag skoonveld toe die polisie en nooddienste op die toneel kom.

Volgens Iikuyu is hy later by 'n huis in Mondesa opgespoor.

Hy het aan die polisie vertel hy was alleen in sy voertuig en het uit­geswenk om 'n botsing met 'n vrag­motor te vermy.

Jekonia het glo 'n besering aan sy skouer opgedoen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!