Man in vangwa gegooi, ure aangehou
'n Swakopmunder soek antwoorde van die Namibiese polisie nadat hy in hegtenis geneem is en sy regte nie aan hom verduidelik is nie.
Francoise Steynberg - 'n Egpaar van Swakopmund wat verlede Dinsdagoggend op die strand gaan stap het, het 'n nagmerrie-ondervinding met die polisie gehad.
Mnr. Michael en me. Nadia Dias het met hul twee honde by Platz am Meer roomys gekoop, op die strand gaan stap en foto's geneem toe polisiebeamptes opdaag en die vissermanne van die strand verwyder.
"Ek en my vrou was nog besig om foto's van die strand te neem toe 'n polisiebeampte skielik omdraai, hom vererg en agter my aanhardloop asof ek 'n geharde misdadiger is," het die 24-jarige Michael gesê.
"Hy het my rondgepluk en geëis dat ek my selfoon gee sodat hy die foto's kan verwyder. Ek is agter in die vangwa ingeboender en geboei."
Volgens Michael was die beamptes verkeersbeamptes in uniform en polisiemanne in siviele drag.
Hy sê hy het vir meer as 'n uur in die vangwa geboei gesit voor die polisie hom op 'n wilde jaagtog na die polisiekantoor geneem het.
By die polisiekantoor sê hy het hy die hele tyd probeer vra waarvoor hy aangekla word.
"Die polisiebeamptes het net in Oshiwambo met mekaar gepraat en ek kon niks verstaan nie."
Intussen het Australiese toeriste 'n diefstalklag by die polisie probeer aanhangig maak en "hulle is net so onprofessioneel behandel," het Michael gesê.
"Ek is besig om 'n toerismebesigheid oop te maak, maar as ons toeriste so behandel word, gaan Namibië toeriste verloor. Hulle wil nie meer Swakopmund toe kom nie omdat toeriste deur misdadigers geteiken en aangeval word."
Michael sê hy is eers omstreeks 18:00 vrygelaat nadat die stasiebevelvoerder gesê het hy kan maar gaan.
"My vrou het by die polisiekantoor gevra waarom ek aangehou en op watter klag ek aangekla word, en daar is net vir haar gelag," vertel Michael.
Hy sê hy het probeer om 'n saak aanhangig te maak, maar weer eens is die paartjie glo net uitgelag. Die polisie se interne sake-afdeling se hoofkantoor op Walvisbaai het hom Vrydag gebel, maar teen gisteroggend het hy geen terugvoering gekry nie.
Michael meen die polisie maak misbruik van hul gesag.
"Wat 'n grap! Waarom is ek vir geen rede toegesluit sonder dat my regte aan my verduidelik is? Daar is ware misdadigers daar buite wat besig is om nare dinge aan te vang. Die polisie is besig om die punt te mis en moet hul werk doen."
Teen druktyd is geen terugvoering van die Namibiese polisie in die Erongostreek oor die voorval ontvang nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie