Man gooi seun met baksteen teen die kop
'n Vyftienjarige seun is ernstig beseer en moes vir behandeling na Windhoek oorgeplaas word nadat hy met 'n halwe baksteen teen die kop getref is.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die voorval Woensdagmiddag om 14:30 in die Usab-lokasie in Karibib gebeur toe 'n 27-jarige man die seun tydens 'n stryery raakgegooi het.
Dit blyk die man en die seun was in 'n argument betrokke toe die man die halwe baksteen gevat en die seun daarmee gegooi het.
Dit het hom teen die voorkop getref en hom ernstig beseer.
Die man sou vandag (Donderdag) op 'n klag van poging tot moord in die landdroshof op die dorp verskyn het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie