Man gesels uit hospitaalbed oor Outjo-aanval

Hofsaak tot 17 Desember uitgestel

18 October 2019 | Misdaad
Elvira Hattingh - “Kyk, as ‘n koeël my nie kan onderkry nie, gaan niks nie.

“Ek is positief, maar hartseer dat iemand so iets kon doen.

“Ek sou net graag wou weet waar kom dié haat vandaan.”

Só het die plaas Gemsbokoord se voorman, mnr. André Shepherd, gister vanuit sy hospitaalbed in die Windhoekse Staatshospitaal gesê.

Hy is Maandagaand met sy eie .22-geweer in die linkerbors geskiet toe daar oënskynlik vir hom ‘n lokval in die pad op Gemsbokoord gestel is. Sy vrou, Belinda, was saam met hom, maar is nie in die voorval beseer nie.

Shepherd sê hy het nog seer en die .22-koeël wat deur sy linkerlong is, lê tans bo-op sy diafragma teen sy hart. Dit gaan nie verwyder word nie omdat dit te naby sy hart is.

Die mans wat van die aanval aangekla word, het gister hul eerste verskyning in die Outjo-landdroshof gemaak. Mnre. Elvis Garab (20), Matheus Samba Mukuve (35) en Innocentius Evalistus (21) se saak is tot 17 Desember uitgestel en hulle mag om borgtog aansoek doen.

MOEILIKHEID

Shepherd het vertel hulle was oor die naweek weg om sy skoonma by die lughawe te gaan aflaai.

Hulle is eers Maandagaand terug plaas toe nadat hulle plaasvoorrade gekoop het.

“Toe ek sien daar lê takke en klippe oor die pad, het ek geweet hier is groot moeilikheid. Ek kon nie reverse nie, want ek het ‘n 3 meter-sleepwa gesleep.

“Ek het gemik om te sien of ek die bakkie tussen die klippe kon deurstuur, maar die spasie was te smal. Ek weet toe ek sal móét uitklim,” het hy aan Republikein gesê.

Shepherd sê die klippe was te swaar om op te tel; hy moes hulle rol. Hy het gedink as iemand hom dophou, moet hy na die bakkie se lig toe loop sodat dit ‘n kol maak en die persoon nie lekker kan sien nie.

“Ek het ‘n aanval met ‘n kapmes verwag - nie om geskiet te word nie.”

Shepherd is geskiet toe hy terug by sy motor se deur kom.

Hy het gesê daar wás ‘n loongeskil met die beskuldigdes, wat plaaswerkers was. Hulle was glo op betaaldag ontevrede met ‘n bestaande ooreenkoms, waarvolgens sekere aftrekkings van hul salarisse gemaak moes word.

Hy sê veral Evalistus was van meet af moeilik en Shepherd het hom toe eindelik verlede Vrydag, ná talle waarskuwings, in die pad gesteek. Hy sê Mukuve het besluit dat hy ook gaan loop. Hy het hulle die Maandagoggend voordat hy geskiet is, by Outjo se arbeidskommissaris ontmoet.

Shepherd sê hy hanteer sy plaaswerkers regverdig en betaal hulle goed. “My mense is nooit sonder kos of tabak nie, of het ‘n behoefte as ek daarin kan voorsien nie.

“Dis hoekom ek nie kan verstaan wat hier gebeur het nie, iewers is ‘n kinkel in die kabel. Ek wil weet wie verkeerd gehandel het, al is dit dan ek.”

Shepherd sê hy kom oorspronklik van die Boland af, maar woon reeds 20 jaar lank in Namibië en beskou homself as ‘n Namibiër.

HOFVERRIGTINGE

Klagte van huisbraak, huisbraak en diefstal, poging tot moord en die gebruik van ‘n motorvoertuig sonder die eienaar se toestemming is teen die drie aanhangig gemaak.

‘n Bron het vertel Garab is Woensdag op die plaas in hegtenis geneem en is glo in besit van die .22-geweer gevind waarmee Shepherd geskiet is. Hy is aangekeer nadat die polisie Dinsdag die ander beskuldigdes ondervra het.

Een van die beskuldigdes het gister beweer Garab was die skieter en sy medebeskuldigde het Belinda in die huis ingewag. Hy het ook gevra om in ‘n aparte sel aangehou te word omdat hy vir sy veiligheid vrees.

Soortgelyk

 

AgriBusDev-baas geskors

1st of June 18:23 | Regering

Mnr. Petrus Uugwanga, die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) se besturende direkteur, is met onmiddelike effek geskors. Die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, het pas ‘n...

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

2 ure gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

5 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

7 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

18 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

18 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

18 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...