Man dood ná sokker

Vuisgevegte eis lewens

07 August 2019 | Misdaad
'n Jong sokkerspeler, mnr. Johannes Rooinasie (23), het Saterdagmiddag ná 'n sokkerwedstryd op Groot Aub gesterf.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Rooinasie en 'n sokkerspeler van die ander span tydens die winterbekertoernooi vir die bal in die lug gespring en teen mekaar gebots.

“Rooinasie het bewusteloos op die grond neergeval. Hy is na die kliniek op die dorp geneem en is by sy aankoms dood verklaar.”

Tangeni-Omwene Haufiku (9) van Eenghango in die Ohangwenastreek is Donderdagnag by sy ouerhuis dood ná hy 'n week tevore op pad terug van die skool af glo in 'n ­vuisgeveg met 'n ander negejarige betrokke was.

Haufiku is volgens die polisie verlede Maandag na die Ongha-kliniek geneem.

“Hy en die ander seun het die voorafgaande Vrydag op pad terug van die skool af vuis geslaan, en die ander seun het hom na bewering hard op die neus geslaan.

“Dit het tot erge neusbloeding aanleiding gegee,” sê die misdaadverslag. Die ondersoek duur voort.

Nóg 'n vuisgeveg het Saterdag vermoedelik tot 'n man se dood gelei.

By die Embassy-kroeg op Oniipa het twee neefs glo mnr. Jason Andreas (30) van die Onalulago-nedersetting naby Onayena tydens 'n argument met hul vuiste getakel en oraloor sy lyf geskop.

Andreas het op die toneel gesterf en die verdagtes is in hegtenis geneem.



MOORDWAPEN WEGGESTEEK

Vier mense (van 23, 27, 29 en 30) is in Wanaheda in die hoofstad in verband met die moord op mnr. Lorenzo Beukes (31) van Rehoboth in hegtenis geneem.

Hulle word ook van ­dwarsboming van die gereg aangekla nadat hulle na wat verneem word geweier het om 'n panga, glo die moordwapen, aan die polisie te oorhandig. Volgens die polisie is dit later gevind.

Ook in die hoofstad het verbygangers die liggaam van die 18-jarige mnr. Forget Soul Garoeb Sondag omstreeks 06:30 in Omutulastraat in Hakahana met 'n steekwond in sy bors gevind. Die verdagtes is on­bekend en die ondersoek duur voort.

'n Onbekende, bebloede man met veelvuldige steekwonde aan sy skouers en rug is Saterdag ­omstreeks 01:00 naby Herero Mall in Katutura gevind waar hy sukkel om te loop.

“Hy is per ambulans na die Katutura-staatshospitaal geneem, maar het kort ná sy aankoms beswyk. Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie, maar volgens die ambulanspersoneel het hy in Otjiherero met hulle gepraat,” lui die verslag.

Die liggaam van 'n hawelose man, mnr. Reimond Isacks (34), is Saterdag omstreeks 17:00 met veelvuldige steekwonde in Helenstraat in Greenwell Matongo gevind.

“Hy het na bewering ná 'n ­bakleiery met 'n verdagte aan sy beserings beswyk. Die verdagte is aan die polisie bekend, maar het op die vlug geslaan. Die ondersoek duur voort,” sê die polisie.

Op Oshikango is die liggaam van mnr. Salomon Shihepo Sondag deur 'n lid van die publiek ontdek waar dit in 'n waterpoel gedryf het.

Volgens die oorledene se familie was hy sedert 30 Julie vermis.

'n Nadoodse ondersoek sal nog gedoen word.

Vrydag om 07:25 is die lewelose liggaam van mnr. Oscar Iita (65) in 'n waterkanaal in die Omakuku-­nedersetting naby Ogongo in die Omusatistreek gevind.

Volgens die polisie is hy die Donderdagaand laas in die Okalonda-nedersetting naby Outapi gesien.

Beeswagters het Saterdag in die Samahiho-nedersetting naby Rundu op die ontbinde lyk van 'n man afgekom.

Die lyk is na die polisielykshuis op Rundu geneem en moet geïdentifiseer word.

Die polisie doen 'n beroep op die familie van vermiste mense om die lykshuis vir uitkendoeleindes te besoek.

Soortgelyk

 

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Geen borg vir ‘renosterstroopsoldate’

2 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die drie weermagsoldate wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n olifant in die Etosha Nasionale Park gestroop het, bly in aanhouding. Mnre....

Weer vir 6 Desember 2019

2 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms sal in die streke van Oshana, Ohangwena, Oshikoto, Kavango-Wes, Kavango-Oos, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke voortduur. Tref asseblief die nodige voorsorgmaatreëls. BINNELAND: Bewolk...

Kalender 6 Desember

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang » Die Swakopmund KIA Makietie beloof om 'n ongelooflike geleentheid te wees. Swakopmund is onlangs as Kwêla se Dorp van die...

Speke sing vir Bryn

2 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Byna twee jaar nadat hy ’n suksesvolle leweroorplanting gehad het, durf die 51-jarige Adriaan Grobler die moordende Desert Dash uit dankbaarheid vir...

Kombatters voor hof gedaag

2 ure gelede | Howe

Augetto Graig - Op 22 November vanjaar het ’n hof gelas sekere huurkontrakte op Kombat mag gekanselleer word, uitsettingsbevele mag op inwoners beteken word en...

Soogdiergids vir Namibiërs

2 ure gelede | Byvoegsels

Francoise Steynberg - Die Namibiese uitgewershuis Wordweaver spog nou met 'n Duitse uitgawe van sy oulike soogdiergids in sy natuurreeks.Mein estes Buch der Säucetiere Namibias...

Heeltyd speeltyd

2 ure gelede | Byvoegsels

KOLLIGTanja Bause – In Windhoek se Kleine Kuppe-woonbuurt is 'n heerlike speelplek vir kinders.Anta Mandy is sedert 2017 aan die stuur van die Busy Bodies...