Man City dra weer die ligakroon

14 May 2019 | Sport
Manchester City se sokkerspan het Sondag die Engelse Premierliga met 'n oorwinning van 4-1 oor Brighton & Hove Albion beklink nadat hy 'n laaste, felle aanslag van Liverpool afgeweer het.

City het die seisoen met 98 punte afgesluit, net twee punte minder as verlede seisoen se rekordgetal van 100, nadat Liverpool die deur probeer oophou het met 'n sege van 2-0 oor Wolverhampton Wanderers op Anfield.

Liverpool het op 97 punte afgesluit – die meeste nóg deur 'n span wat tweede in die liga geëindig het.

Liverpool se knaende vasberadenheid het daarvoor gesorg dat Man City 14 agtereenvolgende oorwinnings moes behaal om die eerste klub die afgelope dekade te word om die titel te behou.

Doele deur Sergio Aguero, Aymeric Laporte, Riyad Mahrez en Ilkay Guendogan het aan City 'n maklike oorwinning besorg nadat Glenn Murray se kopskoot in die 27ste minuut die Man City-ondersteuners byna die ritteltit gegee het.

Maar City het net 83 sekondes later met 'n doel teruggeslaan om weer die hef in die hand te kry en Liverpool se titeldrome te beëindig.

Liverpool, wat voor Sondag se laaste wedstryd teen Wolves net een punt agter City was, het aan 'n laaste sprankie hoop geklou.

Maar nadat City se Mahrez in die 72ste minuut die bal met 'n kanonskoot verby Brighton se doelwagter Mathew Ryan geskop het, is die vreugdevure aangesteek.

Man City het nou vier ligatitels in agt seisoene gewen, maar City se kaptein, Vincent Kompany, sê Sondag se sege was allerweë die soetste.

“Sonder twyfel, dit was ook die strafste ooit. Ek wil dit nie invryf nie, maar Liverpool het nie verdien om te verloor nie,” het Kompany gesê.

City se Spaanse afrigter, Pep Guardiola, kan nou die eerste afrigter word wat 'n unieke Engelse driekuns behaal indien City Saterdag vir Watford in die eindstryd van die FA Cup klop.

Guardiola se span het reeds die Ligabeker verower.

• Chelsea (72 punte) en Leicester City het Sondag met 0-0 gelykop gespeel, maar dit was genoeg om aan Chelsea die derde plek op die puntelys te besorg.

Tottenham Hotspur (71) het vierde geëindig ná sy gelykopuitslag van 2-2 teen Everton.

Arsenal (70) het vyfde geëindig ná 'n oorwinning van 3-1 oor Burnley. Manchester United (66), wat met 2-0 deur Cardiff City geklop is, het sesde geëindig.

– Netwerk24, Reuters

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

1 uur gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

2 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

3 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

3 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

14 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Kwarantyn-drama ry lorriedrywers

14 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die vragmotorbestuurder wat die afgelope naweek positief vir Covid-19 getoets het, sê sy voormalige werkgewer het hom en sy kollega...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

14 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...