Maltasklub gee vir bejaardes om
Maltasklub gee vir bejaardes om

Maltasklub gee vir bejaardes om

Henriette Lamprecht
Maltasklub Namibië het onlangs sy gemeenskapsbetrokkenheid na die bejaardes van die Swakopmund Welwitschia 2-sentrum uitgebrei met 'n tweedaagse uitreikprogram wat deur First National Bank of Namibia ondersteun is.

Die Maltas-omgeeprogram vir bejaardes fokus op die sorg en ondersteuning van die land se senior burgers.

Vir baie van die bejaardes by die Welwitschia 2-sentrum sorg dié ondersteuning tot 'n groot mate vir groter onafhanklikheid.

Volgens die klub moet bejaardes maklike toegang tot ondersteuningsdienste hê wat hulle in staat sal stel om 'n vol, aktiewe en produktiewe lewe vir so lank as moontlik te kan lei.

Mnr. Phillip Croukamp, opsigter van die sentrum, het tydens die uitreikprogram aktiwiteite aan inwoners bekend gestel, terwyl mnr. Kolie Strauss die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen het.

Inwoners is in spanne van sewe ingedeel en het aan verskeie aktiwiteite soos domino's, slangetjies en leertjies, sowel as die vertel van stories deelgeneem.

Strauss het 'n toekenning vir die meeste selfvertroue gekry, terwyl me. Hanie Botha deur mede-inwoners gekies is as die inwoner met die mooiste persoonlikheid.

Me. Botha is volgens die bejaardes dié ouma wat die lewe by die sentrum die moeite werd maak.

In die kategorie vir uitdagings het me. Mettie Croukamp met die derde prys weggestap, terwyl me. Ela Victor in die tweede plek was.

Die algehele wenner was me. Adie de Jager.

Die bejaardes is na afloop van die verrigtinge met 'n middagete deur die Maltas-span bederf. OTB Sport het al die trofees geborg, terwyl Digital Photo Centre verblyf aan klublede verskaf het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!