Maltas takel ekstremisme deur sosiale media
Maltas takel ekstremisme deur sosiale media

Maltas takel ekstremisme deur sosiale media

Tanja Bause
'n Projek is nou ook in Namibië begin om ekstremistiese geweld deur middel van sosiale media te beveg.

Die Universiteit van Namibië (Unam) se Maltas-klub se jongste projek is “Uniting Namibia Against Global Extremism”. Dit is deel van 'n Amerikaanse projek wat wêreldwyd onderneem word om gewelddadige ekstremisme te bestry. Deelnemers vanoor die wêreld is uitgedaag om sosiale media te gebruik om die probleem die hoof te bied. Só is die Maltas-veldtog, #RAVE #pzpchallenge, gebore wat nog tot Junie duur.

Tans word die boodskap deur Maltas-lede oorgedra om mense in te lig oor wat gewelddadige ekstremisme is en hoe dit verhoed kan word.

Die Maltas fokus op wat daartoe aanleiding gee dat jongmense by ekstremisme betrokke raak en hoe hulle gewerf word. Daar word ook gekyk na die tekens waarop ouers bedag moet wees om te bepaal of hul kind 'n potensiële teiken van ekstremiste is, veral deur middel van sosiale media.

Volgens die Maltas is die beste manier om betrokke te raak deur opvoeding en inligting oor wêreldwye, gewelddadige ekstremisme te deel. Plaaslik kan dit gedoen word deur die hutsmerk #RAVE #pzpchallenge soveel moontlik op Face­book, Twitter of Instagram te gebruik.

Die Maltas moedig ondersteuners aan om hul eie inisiatiewe te skep om aandag op gewelddadige ekstremisme te fokus.

Die verstaan van gedrag is die eerste stap in die regte rigting om die wêreld 'n veiliger plek te maak, sê hulle.

Besoek https://m.facebook.com/riseaboveviolentextremism vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!