Maltas-klub kyk terug op 2017

Dié studenteorganisasie het vanjaar die land deurkruis om ’n lig in veral jongmense se lewens te wees.
Die Maltas-klub Namibië het ’n besondere en besige jaar agter die rug.

Vanjaar het afgeskop met ’n toer na die Portugese Eilande naby Mosambiek.

Hier het die uittredende klublede ’n onvergeetlike kulturele ervaring saam met die mense van Mafalala beleef.

Met hul terugkeer het die uittredende span hul jaar afgesluit met ’n partytjie vir kinders van Windhoek Sentrale Hospitaal se kankersaal.

In April is nuwe lede verwelkom en hul eerste opdrag was om ’n werkwinkel op Otjiwarongo by te woon waar nuwe maniere bespreek is om wêreldwye gewelddadige ekstremisme te beveg.

Dit is ’n internasionale veldtog waaraan meer as 500 organisasies deelneem.

In Mei het die span Tsumkwe toe gereis om graad 10- en 12-leerlinge te motiveer om hul skoolloopbaan te voltooi, ongeag hul omstandighede.

In Julie het klublede na die Omusati-, Oshana-, en Oshikotostreek gereis en meer as 10 000 sanitêre doekies aan skoolmeisies uitgedeel.

Meer as 500 meisies het hierby gebaat.

Terselfdertyd is die Hou landelike meisies op skool-veldtog van stapel gestuur.

Dié veldtog beoog om landelike meisies van die noodsaaklikheid van higiëne tydens hul maandstonde bewus te maak.

Tans is die klub reeds besig om nog sanitêre doekies in te samel sodat die veldtog volgende jaar kan voortgaan.

Aan die einde van Julie het lede Maltahöhe toe gereis om hul agtste jaarlikse staptog ten bate van kanker te onderneem.

Meer as 100 lede van die gemeenskap het hieraan deelgeneem en is ingelig oor kanker en die voorkoming en bestryding van die siekte.

Volgende op die lys was die werkwinkel op Tsumkwe vir graad 10- en 12-leerlinge.

Die doel hiervan was om kinders op hul eksamens voor te berei.

In Oktober is Swakopmund toe gereis om bejaardes te versorg.

In Windhoek het die span ’n veldtog teen boelies by die Primêre Skool Bethold Humumuine van stapel gestuur.

Sowat 24 graad 6-leerlinge van die skool is hierby betrokke en dit sal tot die einde van 2018 voortduur.

Die span het ook aan verskeie netwerkgeleenthede deelgeneem soos die Namibiese Brasiliaanse Filmfees en die SMEs Compete-opleidingskursus vir entrepreneurs.

Studente van die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Internasionale Universiteit van Bestuursake (IUM) kan aansoek doen om ’n lid van die Maltas-klub Namibië te word.

Indien hulle gekies word, sal hulle op 11 April 2018 by die klub ingehuldig word.

Studente kan www.maltasclubunam.com.na vir meer inligting besoek.

Die nuwe span sal in Desember 2018 na Los Angeles in Amerika reis.

Dit sal die tweede keer wees sedert die stigting van die Maltas-klub in 2011 dat hulle na dié stad toer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!