Maltahöhe se vroue maak skoolklere
Tanja Bause
Die kantoor van die Daweb-kiesafdeling het onlangs materiaal aan 17 vroue van Maltahöhe oorhandig sodat hulle die nuut-ontwerpte skoolklere vir Laerskool Daweb kan maak.
“Die kiesafdelingskantoor het 'n strategie uitgewerk waarmee die 17 vroue bemagtig word deur programme van die ministerie van armoede-uitwissing en die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, sodat hierdie gebaar volhoubaar word en sosiale en ekonomiese verandering in hul lewensomstandighede kan bring,” het mnr. Herculus Jantze, raadslid van die kiesafdeling, gesê.
Mee. Katrina Byl en Trudi Blokstaan is twee van die vroue wat skoolklere maak.
“Ons waardeer die geleentheid wat ons gekry het,” het Byl gesê.
Dit is egter nie net skoolrokke wat hulle maak nie.
Byl het op 15-jarige ouderdom by haar ma geleer om Nama-rokke te maak. Blokstaan het by haar ouma op 'n hand-naaldwerkmasjien geleer om rokke te maak.
Byl en haar seun JP van der Westhuizen wil vanjaar hulle besigheid, Remnant Cuture, registreer.
“Die tradisionele los lappiesrokke was ons voorouers se rokke, en ek wil jong mense leer hoe om die rokke te maak sodat die kultuur behoue bly,” het Byl gesê.
Sy en haar seun het talle stukke ontwerp wat die Nama-rokke van los lappies moderniseer, soos byvoorbeeld 'n manshemp en 'n oorbaadjie.
“Dit is ontwerp en gemaak vir die man op straat. Dit is 'n klerestuk wat mense elke dag kan aantrek. Dit is modern en iets waarop mens kan trots wees,” het Van der Westhuizen gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie