Malkoeisiekte nou óók op die kerfstok
Elvira Hattingh - Namibië het die eerste land in Afrika geword om status te verkry as ’n land met ’n onbeduidende risiko vir malkoeisiekte ((bovine spongiform encephalopathy of BSE).
Dié status is aan Namibië, tesame met nog vyf ander lande in Europa en Amerika tydens die onlangse Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) se algemene vergadering in Parys, Frankryk, toegeken.
Daarbenewens is die status “vry van longsiekte (contagious bovine pleuropneumonia of CBPP)” aan lande in Amerika, Afrika, Asië en die Stille Oseaan en die bek-en-klouseervrye deel van Namibië toegeken.
Die Vleisraad van Namibië het gister ’n mediaverklaring uitgereik waarin hulle die Namibiese direktoraat van veeartseny gelukgewens het met die merkwaardige prestasie.
“Enige verbetering in Namibië se dieregesondheidstatus sal die plaas-like vleisbedryf help om nog beter internasionale markte te betree,” het die Vleisraad gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie