Malaria steek streek steeds
Ondanks planne om SADC teen 2030 malariavry te kry, bemoeilik talle uitdagings dié doelwit.
Denver Kisting – Dit is nog lank nie die einde van die malariabyt vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) nie.
Maar, sê dr. Richard Kamwi, die streek bly hoopvol om teen 2030 dié dodelike siekte in die kiem gesmoor te kry.
Kamwi, Namibië se voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, lei tans SADC se Elimination 8-inisiatief.
Dié veldtog bestaan uit agt van die 16 SADC-lidlande wat die voortou neem.
Kamwi het Woensdagaand by een van die SADC-wegbreeksessies in Windhoek gepraat.
Hy sê die bekamping – en uiteindelike uitwissing – van malaria word deur ’n tekort aan finansiering in die wiele gery.
Hiernaas word die proses ook belemmer deur vrese dat muskiete weerstand ontwikkel teen die insekdoders wat gebruik word.
’n Ander struikelblok, sê hy, is ’n gebrek aan voldoende gesondheidstelsels en kundigheid.
Kamwi sê malariabestryding word ook negatief geraak deur ’n tekort aan moniteringstelsels wat vordering moet dophou en boekstaaf.
Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens dié geleentheid gesê omdat die uitwissing van malaria een van die SADC se sleuteldoelwitte is, het hulle besluit om die geleentheid aan te gryp om ’n gesprek te hou daaroor, terwyl kundiges vir die beraad in Windhoek byeen is.
Nandi-Ndaitwah, Namibië se adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die afgelope week oorgeneem as die SADC se raad van ministers se voorsitter.
Dít in aanloop tot die verrigtinge vandag waartydens pres. Hage Geingob as die streekliggaam se voorsitter oorneem.
Volgens Nandi-Ndaitwah het hulle besef die stryd teen malaria sal die samewerking van lidlande benodig.
Soos sake tans staan, eis malaria steeds meer lewens as enige ander siekte in Afrika Suid van die Sahara “en dit terwyl ons weet malaria is voorkombaar en geneeslik”.
Sy sê daar moet veral omgesien word na die samelewing se kwesbaarstes, soos kinders onder vyf jaar en swanger vroue, om te verhoed dat hulle sterf aan ’n siekte wat uitgewis kan word. “As ons saamwerk, kan ons beslis meer bereik,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie