• Tuisblad
  • Byvoegsels
  • Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery (Deel 2 van 2)
Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery (Deel 2 van 2)
Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery (Deel 2 van 2)

Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery (Deel 2 van 2)

Ronelle Rademeyer
Dr. Jasper Coetzee, Veekundige - Ek het verlede maand in die eerste aflewering van hierdie artikel verduidelik hoe telers die spermproduksie van teelramme kan maksimaliseer deur die regte byvoeding van die regte gehalte te gee.
Hoe beter die spermproduksie, hoe hoër die besetting van ooie en voorkoms van meerlinggeboortes, wat beteken meer kilogram vleis word per hektaar geproduseer.
In hierdie aflewering sit ek hierdie gesprek voort en ons kyk na die bepaling van teelgeskiktheid, die voorbereiding van teelramme en wurmweerstand by aankoopte ramme.


Bepaling van teelgeskiktheid van teelramme
Ondersoeke toon dat tot 33% van teelramme vrugbaarheid- en/of dekbehendigheid-probleme het (MacLaren, 1988; Harris, 2014). Neser (2012) het gevind dat tot die helfte van die ramme in 'n geslagsgeskiktheidtoets ooie nie eenkeer suksesvol in 20 minute kon dek nie. Ramme moet ongeveer ses tot tien weke (Greig, 2007) voor die paarseisoen aan 'n volledige teelgeskiktheidtoets deur 'n ervare veearts onderwerp word. Dit sluit 'n volledige fisiese ondersoek van die ram en sy geslagsorgane; evaluering en ondersoek van 'n semenmonster; meet van skrotumomtrek asook 'n dekbehendigheidstoets in. Terselfdertyd moet bepaal word of teelramme vry van enige geslagsiektes is en of hulle oor 'n hoë geslagsdrang beskik.
Dit is belangrik om daarop te let dat nie alle vet en onfikse teelramme onvrugbaar is nie, maar vet en onfiks is hoë risikofaktore. Die leuse is “Fit not Fat.” Oorvet aangekoopte teelramme is dikwels ook onfiks en hulle moet oor 'n drie weke tydperk geleidelik “maerder” gemaak en stadig begin oefen word voordat die voorgeskrewe prikkelvoeding en oefenprogram 'n aanvang neem.


Watter aktiwiteite is noodsaaklik vir die voorbereiding van teelramme?
Aangesien die produksiesiklus van sperme sewe tot agt weke duur, moet die voorbereiding van teelramme minstens twee maande voor die paarseisoen 'n aanvang neem (Henderson, 1990).
Ramme wat meer aktief (d.i. fikser met 'n hoër libido) is en ooie meermale tydens hulle hitteperiode dek, het 'n hoër besetting en meerlinggeboortes tot gevolg (Kilgour, 1993). Teelramme moet daarom vanaf minstens twee maande voor die aanvang van die paarseisoen topfiks gemaak word deur hulle daagliks vroegoggend of laatmiddag in die koelte van die dag vinnig te laat stap. Dit moet 'n geforseerde stap van drie kilometer/dag wees teen 'n tempo wat vinniger as agt minute/km is.
Ramme moet minstens twee maal per jaar geskeer word om probleme met hittestres en brommeraanvalle te beperk. Paring moet egter verkieslik met kortwol (korter as 4 maande; ongeveer 3,5 cm wolgroei) geskied. Langwol (> 6 maande) verhoog hittespanning wanneer paring in warm weer geskied wat die geslagsdrang (libido) van ramme nadelig beïnvloed. Ramme met 'n langer wolgroei is ook meer vatbaar vir brommeraanvalle terwyl ramme met kortwol meer aktief en meer beweeglik is (Wilson, 2003).
Teelramme moet verkieslik nie korter as agt weke voor paring geskeer word nie omdat dit 'n negatiewe invloed op hulle vrugbaarheid kan hê. Skeer gedurende warm maande moet verkieslik ongeveer drie maande voor die paarseisoen geskied. Indien skeer gedurende die warm maande van die jaar geskied, moet koelte vir die eerste paar weke na skeer voorsien word om " somersteriliteit" te voorkom, want kortwol (< 2 maande) verhoog tydelike onvrugbaarheid indien die temperatuur meer as 36 °C is. Om oorverhitting van die skrotum te voorkom, weens oormatige wolbedekking, moet die wol op die skrotum tydens skeer ook afgeskeer word (Boundy, 1992; Greig, 2007).
Spuit die volle reeks bloutongentstof (d.i. Bloutong A, B en C) jaarliks ná die paarseisoen. Dit moet minstens drie weke uitmekaar gespuit word. Die laaste bloutonginspuiting (d.i. Bloutong C) moet verkieslik nie korter as 12 weke voor die paarseisoen gespuit word nie. Alle ramlammers wat vir teeldoeleindes gehou word, moet tussen twee en vyf maande ouderdom met Rev. 1 vir Brucella Ovis (bybalontsteking of ramsiekte) gespuit word (Harris, 2014).
Teelramme moet verkieslik nie korter nie as ses weke voor die paarseisoen vir beide ronde- en neuswurm gedoseer word asook met 'n multiklostridiale entstof geënt word.


Aangekoopte teelramme en wurmweerstand
Teelramme moet minstens drie maande voor die paarseisoen aangekoop word sodat hulle voldoende tyd het om by die nuwe omgewing te akklimatiseer. Om die moontlike verspreiding van wurmweerstand deur aangekoopte teelramme te voorkom, moet hierdie ramme aanvanklik onder kwarantyn gehou en gedoseer word volgens die voorskrifte wat op www.landbou.com in die artikels: Holistiese bestuur van interne parasiete by skape en bokke en Kwarantyn en behandeling of op grond van die aanbevelings van jou plaaslike veearts en veeartsenyverteenwoordiger gegee word.


Samevatting
Vir die verhoging van reproduksietempo konsentreer produsente grootliks op die ooi deur dié wat gereeld 'n lam speen, te selekteer en ooie goed voor te berei vir paring (bv. prikkelvoeding). Die bydrae van teelramme tot 'n hoë reproduksietempo kan egter nie verontagsaam word nie. Teelramme moet daarom voorkeur en spesiale behandeling ontvang. Die fokus moet op maksimale testisgroei en spermproduksie asook goeie gesondheid en 'n hoë fiksheidspeil wees.
Tekens dat die ramme gereed is vir die paarseisoen, is dat die binne-gedeelte van hul dye (lieste) pers moet wees met heelwat was (vet/olie) teenwoordig (Greig, 2007). Die pers kleur en die voorkoms van die " vetterigheid" in die lieste moet progressief toeneem soos die paarseisoen nader kom (Henderson, 1990). Hulle byballe moet die grootte van 'n tafeltennisbal wees (d.i. 2 – 3 cm in deursnit: Greig, 2007).
Ramme moet in die afseisoen ook in ‘n goeie kondisie gehou word en hulle moenie verwaarloos word nie. Voer hulle 'n lae vlak van een van die ramprikkelrantsoene (MLC, 2004).
Om volgehoue teeltvordering te verseker, moet minstens een derde tot ‘n helfte van die ramme jaarliks met nuwe ramme, wat verkieslik geneties beter is, vervang word ( Wilson 2001, McLennan & Knight 2003).

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%