Maklike toets vir servikale kanker
Verskaffers van gesondheidsdienste in die Khomasstreek het opleiding ontvang vir toets- en behandelingsprosedures vir servikale kanker wat deel vorm van die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar).
Die toets en behandel-benadering gebruik visualisering met asynsuur (VIA) om prekankerletsels op die serviks te identifiseer.
As daar abnormale selle is, sal die serviks se kleur verander en kan die verskaffer onmiddellik die abnormale selle met ‘n vriestegniek naamlik krio(koue)terapie behandel.
Teen die einde van ‘n kliniese besoek van 15 minute kan die prekankerselle reeds suksesvol behandel wees. Sou ‘n vrou met dié selle gediagnoseer word, moet sy steeds vir ‘n opvolgbesoek ‘n jaar ná die behandeling gaan om te verseker sy is doeltreffend behandel en geen prekankerselle het oorgebly nie.
Volgens ‘n verklaring deur Pepfar is VIA ‘n eenvoudige, kostedoeltreffende toetsmetode. Deur die toets en behandel-benadering kan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) volgens Pepfar lang wagtye vir vroue wat met prekankerselle gediagnoseer is, verkort en hulle ook vir verdere behandeling verwys.
Pepfar se ondersteuning en belegging om servikale kanker in MIV-positiewe vroue te voorkom, sal Namibië in staat stel om vooruitgang te versnel in die uitwissing van servikale kanker deur vroue met die hoogste risiko met ‘n doeltreffende toetstegniek te teiken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie