Mahupelo wen in hou00ebrhof
Mahupelo wen in hou00ebrhof

Mahupelo wen in hoërhof

Ná 4 716 dae van onregmatige aanhoudig tydens die Caprivi-hoofverraadverhoor, sal die staat nou vir 'n vrygespreekte moet opdok.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Een van die mans wat vrygespreek is in die Caprivi-hoogverraadsaak, het in die Windhoek-hoërhof 'n oorwinning teen die aanklaer-generaal behaal.

Waarnemende regter Philanda Christiaan het Donderdag uitspraak gegee in die saak waarin mnr. Richwell Kulisesa Mahupelo die staat vir miljoene dagvaar as skadevergoeding vir sy aanhouding van 4 716 dae.

Christiaan het beslis voortsetting van die vervolging van Mahupelo in die hoogverraadsaak sonder redelike en waarskynlike gronde, was kwaadwillig. Nadat getuienis deur alle getuies wat Mahupelo by die saak kon betrek in Maart 2006 afgehandel is, het die aanklaer-generaal volgehou om hom te vervolg en was hy tot 11 Februarie 2013 nog in aanhouding. Christiaans het beslis Mahupelo is geregtig op skadevergoeding omdat die staat die saak teen hom behoort te gesluit het in die stadium wat daar nie verdere getuienis aan die lig gekom het om hom skuldig te bevind nie.

Die bedrag van skadevergoeding wat aan Mahupelo toegeken sal word, sal in 'n latere stadium beslis word wanneer die regter mondelinge argumente aangehoor het.

Mahupelo se eis van kwaadwillige vervolging teen die minister van veiligheid en sekuriteit het egter misluk. Christiaans het bevind Mahupelo het nie daarin geslaag om te bewys die polisie het enigiets meer gedoen as om getuienis voor die aanklaer-­generaal te bring nie. Die minister van veiligheid en sekuriteit het nie die mag om strafregtelike vervolging in te stel nie. Slegs die aanklaer-generaal mag besluit of 'n persoon vervolg sal word.

Hierdie uitspraak mag as presedent dien vir verskeie ander soortgelyke eise wat deur vrygespreektes in die Caprivi-verhoor ingestel kan word.

Mahupelo het die bedrag van N$15 321 400 van die regering, die aanklaer-generaal en die minister van veiligheid en sekuriteit geëis nadat hy vrygespreek is op al die klagte teen hom in Februarie 2013.

Die eiser en ander beskuldigdes is op 18 Mei 2001 in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in die aanval deur die Caprivi Bevrydingsmag in Katima Mulilo in die voormalige Caprivistreek met die doel om dié streek van Namibië af te stig. Ná 'n ongewone lang verhoor van bykans 13 jaar, is Mahupelo deur die hoërhof onskuldig bevind en kwytgeskeld.

Mahupelo is deur senior advokaat Andrew Corbett en prokureurs Unanisa Hengari en Clive Kavendjii verteenwoordig. Senior advokaat Ishmael Semenya en adv. Nixon Marcus het vir die verweerders opgetree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!