Madonsela krap Zuma se seun om
“Sy moet besluit om ’n voltydse politikus te word of net stilbly.”
So het Edward Zuma, president Jacob Zuma se oudste seun, gereageer op adv. Thuli Madonsela wat Maandag gesê het Suid-Afrika verdien ’n goeie president wat die land kan terugneem na sy “noorderster”.
“Ons het ’n president nodig wat sal weet waar om te kyk vir die noorderster,” het sy gesê.
Madonsela het aan die Kaapse Persklub gesê sy sou graag ’n vrouepresident wil hê, “maar om ’n vrouepresident te hê wat net ’n gevolmagtigde is, sal slegter wees as ’n man".
Dit het Zuma se seun blykbaar omgekrap.
“Sy is onbeskof. Sy sal graag ’n vrou as Suid-Afrikaanse president wil sien, maar dit moet nie ’n gevolmagtigde wees nie. Duidelik beledig sy vir uNkosazana (Dlamini-Zuma),” het hy gesê.
Zuma jr. sê hy neem aanstoot oor Madonsela se opmerkings.
“Sy het ’n meestal wit byeenkoms in Kaapstad aangespreek, sy het self ’n agenda.”
Hy sê dit is welbekend dat Dlamini-Zuma die vrouekandidaat van voorkeur is om Zuma op te volg.
As Dlamini-Zuma, wat die ondersteuning van die ANC-vroueliga het, as kandidaat aangewys word, sal sy waarskynlik kop-aan-kop met Cyril Ramaphosa, die adjunkpresident, wees.
Maar die party het nog nie die opvolgdebat amptelik geopen nie.
“Die vrouekandidaat is duidelik bekend, dit is Nkosazana, ons almal weet dit. Duidelik sê sy (Madonsela) sy wil nie ’n president hê wat namens iemand optree nie. Sy verwys na haar. Wie se gevolmagtigde is Nkosazana?” het Zuma jr. gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie