Macron hervorm sy span
Frankryk
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het begin om sy regeringspan te hervorm nadat sy gematigde party Frankryk se politieke kaart met ‘n klinkende verkiesingsoorwinning oorgeteken het.
Die verkiesingsege het aan Macron die geleentheid gebied om voort te gaan met sy pro-Europese Unie- en sake-vriendelike hervormings.
Macron, wat op die ouderdom van 39 Frankryk se jongste president ooit is, het sy getroue bondgenoot, Richard Ferrand, wat in ‘n skandaal oor botsende belange gewikkel is, gevra om sy kabinet te verlaat en die leisels as leier van die La République En Marche (Republiek aan die Beweeg)-party (REM) in die parlement oor te neem.
Soos die tradisie ná parlementêre verkiesings bepaal, het die eerste minister, Edouard Philippe, die bedanking van die hele kabinet ingedien. Macron het hom onmiddellik weer aangestel en aangedui dat die nuwe kabinet vandag om 16:00 GMT aangekondig sal word. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie