Maatskappy steun kwesbare vroue

26 June 2020 | Gesondheid
Alexander Forbes gaan vir die tweede opeenvolgende jaar die LIDAR Community Foundation, wat in Katutura geleë is, van April vanjaar tot einde Maart 2021 met ‘n verhoogde maandelikse skenking van N$6 000 ondersteun.

Me. Erika Reissner, die bemarkingsbestuurder van Alexander Forbes, het onlangs dié aankondiging gemaak. Die hoofdoel van die skenking is om die sentrum se programme en aktiwiteite te ondersteun wat spesifiek op jong ma’s en meisies gemik is.

Die maatskappy het in Maart vanjaar meubels ter waarde van N$30 000 vir personeel en lede van die LIDAR Foundation beskikbaar gestel om omstandighede te verbeter.

Die meubels het lessenare en stoele vir die sentrum ingesluit.

Die direkteur van LIDAR, me. Serley Khaxas, het Alexander Forbes en Reissner bedank vir hulle “betroubare en toegewyde ondersteuning.”

Sy het ‘n beroep op ander maatskappye gedoen om by die inisiatief aan te sluit en die LIDAR Foundation te ondersteun.

Die sentrum het tans voedselskenkings en finansiële hulp nodig om staande te bly. Sowat 500 kwesbare jong ma’s en skoolmeisies is tans deel van opvoedkundige programme en ontvang daaglikse voedselhulp danksy die pogings van die sentrum.

Vir navrae oor skenkings kan Khaxas by 081 687 1537 gekontak word.

Soortgelyk

 

Namibië het nou 615 gevalle van Covid-19

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle staan nou op 615, nadat nog 22 gevalle die afgelope 24 uur in die land aangeteken is. Volgens die minister...

Monsterkoue glo op pad

3 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – Báie koue, winderige en reënerige toestande word môre (Vrydag) in die ||Karas-, Hardap en Westelike platorand verwag, sê die Namibiese weerkantoor.Terselfdertyd sal...

Dwelmklopjag in Kleine Kuppe

3 ure gelede | Misdaad

Twee mans is gisteraand in Kleine Kuppe in die hoofstad vir dwelmhandel vasgetrek.Volgens ᾿n polisieverslag is twee mans (39 en 23) omstreeks 21:30 met...

Air Nam in nagtelike ure hof toe oor lisensie

7 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery kon laasnag daarin slaag om 'n bevel in die hoërhof te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië se besluit...

Fishrot: Geen borg, eis ACC

16 ure gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

16 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

16 ure gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...