Maaskaasvetkoekies
Maaskaasvetkoekies

Maaskaasvetkoekies

Lloyd Zandberg
Jy benodig

2 eiers

1 koppie koekmeel

2½ teelepels bakpoeier

knippie sout

¼ koppie suiker

1 koppie (250 g) growwe maaskaas of ricotta

1 teelepel vanieljegeursel olie vir braai

versiersuiker vir opdien

Só maak jy

1. Breek eers die eiers en klits dan die res van die bestanddele (behalwe die olie en versiersuiker) in ’n elektriese menger daarby tot glad. Moet dit nie verder klits nie.

2. Verhit 4 cm olie in ’n kastrol tot baie warm (maar nie rokend). Skep teelepels van die beslag in die warm olie en draai die balletjies om sodra dit goudbruin aan die onderkant is. Die olietemperatuur is reg as dit ongeveer 3 minute vir ’n balletjie neem om gaar te raak – dit moet gepof goudbruin en net-net ferm in die middel wees.

3. Sprinkel versiersuiker oor die warm balletjies en sit dadelik voor. Laat almal om die pot vergader terwyl jy dit braai, want dit is op sy heel lekkerste warm wanneer die poffers sommer so in jou mond smelt. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!