Maak toe die deure
Maak toe die deure

Maak toe die deure

Mandy Rittmann
COLIN WILLIAMS SKRYF:

Ons is almal ooggetuies van die verskriklike toename in geweld en misdaad in al ons gemeenskappe.

Male sonder tal was ons al gevul met afgryse en bekommernis as ons lees en hoor van die slagoffers se skade, pyn, trauma en vernedering. Die seksuele aanranding van kinders, die mishandeling van vroue, selfdood onder tieners, dwelm- en alkoholmisbruik, noodlottige motorongelukke sowel as die geweldige toename in korrupsie en misdaad op alle vlakke in die samelewing het alledaagse nuus geword.

Daar is by my geen twyfel dat hierdie niks anders is nie as ’n bose aanslag op ons samelewing sowel as ’n diaboliese sameswering om ons te vernietig.

As Christen-gelowige voel ek die tyd het aangebreek dat ons gesamentlik ons Godgegewe gesag moet begin gebruik om te begin heers oor hierdie negatiewe omstandighede. My oortuiging is dat in die geestesrealm of geesteswêreld waarin God opereer, die duiwel bewus is van die voorbereidings vir die Here Jesus se wederkoms. En, net soos in Egipte destyds voor die geboorte van Moses, en met koning Herodus tydens die geboorte van die baba Jesus, het die kindermoorde op nasionale vlak gevolg.

Net so, glo en verstaan ek, is die duiwel vandag bewus dat hy baie min tyd oor het voor die wederkoms van die Here Jesus, wanneer Hy sal kom om Sy Kerk en Sy kinders op die aarde te kom haal. Hy gaan nou voluit om ons kinders te vermoor en ons gemeenskappe te vernietig.

Kom, laat ons as kerk en ons hemelse Vader se verteenwoordigers op aarde begin om hom gesamentlik teen te staan. Ek stem volmondig saam met die persoon wat gesê het as die Here nie ons hulp en samewerking nodig gehad het om Sy wil op aarde te laat geskied nie, dan sou ons utopia op die aarde gehad het - geen siektes en misdaad, geen kinder- en vrouemishandeling, geen korrupsie en dwelmmisbruik, ens., ens. Want God die Vader sou soewerein en sonder ons hulp Sy wil op die aarde laat geskied het en Sy koninkryk laat kom het.

Maar nou is dit nie so nie - wat Hy ookal op die aarde wil doen, moet Hy deur ’n mens doen, want aan die mens was gegee die gesag op die aarde (Genesis 1:26, 27, 28). Ja, volgens Bybelgeskiedenis het Hy al gebruik gemaak van bv. ’n donkie en voëls, en Hy is instaat om klippe ook te gebruik - maar Sy primêre kanaal op aarde bly maar die mens.

’n Goeie plek, myns insiens, is om met heilige erns te begin voorbidding doen vir al die wetstoepassers in die land, dat ons God die Vader sal vra om ons te help om alle korrupsie en misdaad in die land oop te vlek, dat ons die bose beskermingsnetwerke rondom oneerlike mense deur middel van ons gebede sal afbreek, sodat hulle vuil werke aan die lig kan kom. Ek glo onopgeloste misdade sal wonderbaarlik opgelos word as die skuldiges een na die ander vasgetrek gaan word.

Vir meer as een individu in die Bybel het die Here Jesus al gesê: “Gaan en sondig nie meer nie.” Wanneer ons as mense in sonde lewe en/of sondige lewensgewoontes beoefen, dan maak ons die deure oop vir die duiwel om in te kom en ons te besteel, te vernietig en te vermoor (Johannes 10:10).

Dit is wat in Namibië aan die gebeur is: deure is vir die bose oopgemaak deur mense se sonde en verkeerde gewoontes. Dit gaan erger word as ons nie opstaan en begin terugveg nie.

Mag die Heilige Gees ons help om hierdie wekroep duidelik te hoor sodat ons oor kultuurgrense en kerkgrense heen sal hande neem om hierdie euwels in ons land die stryd aan te sê. Kom ons begin om hierdie deure vir die bose toe te maak, deur ons mense te help en aan te moedig om sondige lewensgewoontes te laat staan.

Dit is baie betekenisvol dat die apostel Petrus ons herinner dat die duiwel rondloop soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind (1 Petrus 5:8). Die Here Jesus het hom totaal oorwin met Sy kruisdood en opstanding en hy het nie meer die gesag om te doen wat hy wil op aarde nie. Hy loop en soek op aarde wie vir hom deure sal oopmaak om sy vuil werk te kan doen.

Kom ons vertrou ons hemelse Vader biddend vir die genade en guns om ons in hierdie waardige stryd by te staan. Kom ons maak die deure toe vir die bose. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%