Maak seker wat jy aanhaak voor jy afhaak
Maak seker wat jy aanhaak voor jy afhaak

Maak seker wat jy aanhaak voor jy afhaak

Gerine Hoff
Al hoe meer getroudes klop aan vir huweliksvoorwaardekontrakte wanneer die koeël reeds deur die kerk is.
Maar om ná die huwelik jou huwelikstatus met ’n kontrak te laat reguleer, verg ’n omslagtige hooggeregshofaansoek wat jou baie geld uit die sak sal jaag.
Dit was nog altyd ’n probleem om nie ’n kontrak te hê nie, maar baie bepalings het tot gevolg dat albei eggenote moet teken – selfs vir klein skuld soos ’n televisie. Dit lei tot frustrasie, veral waar albei partye professionele mense met hul eie bates en boedels is, sê ’n prokureur.
Hy voeg by: “Paartjies kan dit net nie meer bekostig om binne gemeen­skap van goedere getroud te wees nie.”
Ná die troue is dit veel moeiliker om sake in orde te kry:
• Jy moet die hooggeregs­hof daarvan oortuig daar is geldige gronde vir die wysiging.
• Die partye moet al hul krediteure per geregistreerde pos in kennis stel omdat dit krediteure kan benadeel as hulle nie meer op albei se boedels beslag kan lê nie.
• Daarbenewens moet advertensies van die beoogde verandering in twee koerante gepubliseer word, waarvan een die Staatskoerant moet wees. As daar geen besware is nie, moet daar ’n verslag van die aktekantoor bekom word waarin die partye se huwelikstatus en die eiendomme op hul onderskeie name verklaar word.
• As die hof daarvan oortuig is dat geen belanghebbende deur die wysiging benadeel sal word nie, sal die aansoek toegestaan word.

Kortpaaie
Daar is mense wat kortpaaie kies deur te skei om later weer te kan trou, maar dit werk nie altyd uit nie. Boonop is dit oneties vir ’n prokureur om ­paartjies toe te laat om kortpad te vat deur te skei en dan weer te trou, ­aangesien die huwelik nie verbrokkel nie en die partye kan nie vir die hof lieg nie.
Onthou, as jy binne gemeenskap van goedere getroud is, gaan jou helfte na jou eggenoot toe met afsterwe.

Verstaan die verskil
As jou huwelikskontrak nie reg is nie, is jou man se skuld joune en omgekeerd. As die een party dus ’n risiko waag, soos om ’n onderneming te begin, kan albei alles verloor as dit skeefloop.
As partye buite gemeen­skap van goedere met of sonder aanwasbedeling trou, bly dit wat joune is joune, ongeag die risiko’s van die ander party.
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!