Maak seker wat jy aanhaak voor jy afhaak

19 May 2017 | Kuns en vermaak
Sonja Carstens – Al hoe meer getroudes klop aan vir huweliksvoorwaardekontrakte wanneer die koeël reeds deur die kerk is.

Maar om ná die huwelik jou huwelikstatus met ’n kontrak te laat reguleer, verg ’n omslagtige hooggeregshofaansoek wat jou baie geld uit die sak sal jaag.

Dit was nog altyd ’n probleem om nie ’n kontrak te hê nie, maar baie bepalings het tot gevolg dat albei eggenote moet teken – selfs vir klein skuld soos ’n televisie. Dit lei tot frustrasie, veral waar albei partye professionele mense met hul eie bates en boedels is, sê ’n prokureur.

Hy voeg by: “Paartjies kan dit net nie meer bekostig om binne gemeenskap van goedere getroud te wees nie.”

Ná die troue is dit veel moeiliker om sake in orde te kry:

• Jy moet die hooggeregshof daarvan oortuig daar is geldige gronde vir die wysiging.

• Die partye moet al hul krediteure per geregistreerde pos in kennis stel omdat dit krediteure kan benadeel as hulle nie meer op albei se boedels beslag kan lê nie.

• Daarbenewens moet advertensies van die beoogde verandering in twee koerante gepubliseer word, waarvan een die Staatskoerant moet wees. As daar geen besware is nie, moet daar ’n verslag van die aktekantoor bekom word waarin die partye se huwelikstatus en die eiendomme op hul onderskeie name verklaar word.

• As die hof daarvan oortuig is dat geen belanghebbende deur die wysiging benadeel sal word nie, sal die aansoek toegestaan word.

Kortpaaie

Daar is mense wat kortpaaie kies deur te skei om later weer te kan trou, maar dit werk nie altyd uit nie. Boonop is dit oneties vir ’n prokureur om paartjies toe te laat om kortpad te vat deur te skei en dan weer te trou, aangesien die huwelik nie verbrokkel nie en die partye kan nie vir die hof lieg nie.

Onthou, as jy binne gemeenskap van goedere getroud is, gaan jou helfte na jou eggenoot toe met afsterwe.

Verstaan die verskil

As jou huwelikskontrak nie reg is nie, is jou man se skuld joune en omgekeerd. As die een party dus ’n risiko waag, soos om ’n onderneming te begin, kan albei alles verloor as dit skeefloop.

As partye buite gemeenskap van goedere met of sonder aanwasbedeling trou, bly dit wat joune is joune, ongeag die risiko’s van die ander party. –Netwerk24

Onthou om meer te teken as net ’n huweliksertifikaat wanneer jy trou

Soortgelyk

 

Keelvol studente soek hul geld

7 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

7 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

7 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

7 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

7 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

7 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...

Aanlyn geldskema oortree wet

7 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Nege maande oue geldmaakskema wat aanlyn beleggers se “drome” waar maak deur opbrengste van so hoog as 75% te beloof, oortree...

Kort nuus

7 ure gelede | Misdaad

Ondangwa ...

Selfs die jeug is bekommerd oor 'hubbly'-pype

7 ure gelede | Maatskaplik

Telwin !Owoseb - Namibië“Hoekom is dit in die eerste plek ingevoer en aanvaar? Dit moes nie ingebring gewees het nie. Dit vernietig die jeug en...