Maak jou stem dik

10 July 2019 | In beeld
Tanja Bause - Die aanvullende registrasieproses vir vanjaar se verkiesing het Maandag afgeskop en sal tot 27 Julie voortduur.

By talle registrasiepunte het dinge stadig uit die blokke gekom, met voornemende kiesers wat die afgelope twee dae drupsgewys gaan registreer het.

By die Nangolo dha Amutenya-registrasiepunt in die Hakahana- informele nedersetting het meer Namibiërs hul opwagting gemaak en was daar selfs ’n kort ry van mense wat hul demokratiese reg om te stem wil uitoefen.

Teen gister 13:00 het 70 mense reeds by die O Hainyeko-saal in Hakahana geregistreer.

Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) is daar tans 1,2 miljoen geregistreerde kiesers landswyd.

Die Khomasstreek met sy 230 139 kiesers neem die voortou op dié gebied, gevolg deur die Omusatistreek met 133 593 en die Ohangwenastreek met 130 725 kiesers.

Om te kan registreer, benodig jy jou Namibiese identiteitsdokument, óf ’n ou Namibiese identiteitsdokument, óf ’n geldige groen Namibiese paspoort, óf ’n burgerskapsertifikaat en twee beëdigde verklarings.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...