Ma met tweeling in SA gestrand

Yvette Adriaanse moes reeds op 16 weke van haar swangerskap behandeling in Suid-Afrika ontvang.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

'n Namibiese ma wie se tweeling in Suid-Afrika voor die grendeltyd in dié land gebore is, is vir weke reeds in dié land gestrand.

Die tweeling, 'n seuntjie Hendrik Marko en 'n dogtertjie Minki, het nie paspoorte om saam met Yvette Adriaanse na Namibië terug te keer nie. In Namibië wag haar man Jan en die res van hul kroos Janco, Lia en Yva.

Volgens Yvette het hulle in September verlede jaar uitgevind sy is swanger met 'n tweeling. Dit is haar vierde swanger­skap en boonop 'n tweeling. Reeds op 16 weke moes sy in Pretoria bly om weeklikse behandeling by 'n professor in Johannesburg te ontvang.

“Yva was reeds 'n hoërisiko-swanger­skap weens bloedonverenigbaarheid. Hoe meer swangerskappe jy het, hoe meer raak die teenliggaampies wat teen die fetus baklei,” verduidelik Yvette.

Die tweeling is begin Maart op 30 weke gebore en was vir vier weke in die neonatale intensiewesorgeenheid.

“Alles het baie goed verloop en hulle is gesond huis toe,” sê Yvette.

Net ná die tweeling se geboorte het Lia en Yva saam met haar man na Namibië teruggekeer.

“Ek het hulle nog nie weer gesien nie, omdat die staat van inperking net daarna begin het. My seun Janco het ek Desember verlede jaar laas gesien.”

Yvette sou na Namibië terugkeer die oomblik wat sy die tweeling se paspoorte ontvang het. Hul geboorte is in die buurland geregistreer en sy het hul geboortesertifikate ontvang, maar dit is waar die proses gestop het.

“Binnelandse sake wou nie eens luister nie en het gesê ek moet wag tot vlak 1 van inperking.“

Yvette het die Namibiese ambassade in Pretoria gekontak waar sy by haar ouers tuisgaan. Volgens haar het sy die konsulaat in die hande gekry wat onder meer wou weet hoe sy beplan om na Namibië terug te keer.

“Hy het gesê my ouers mag my nie vat nie en my man sal ook nie oor die grense toegelaat word nie. Ek sal dus alleen met die tweeling moet ry.”

Volgens Yvette gaan die konsulaat nou vir haar 'n reispermit en vir die tweeling noodreisdokumente probeer reël. In Namibië sal sy dan vir burgerskap kan aansoek doen. Sy het egter geen idee wanneer die dokumente uitgereik sal word nie.

Sy is baie trots op haar man, sê Yvette, wat in Namibië na die oudste kroos omsien.

“Hy is 'n fantastiese pa. Baie verantwoordelik met die kleintjies en kyk baie mooi na hulle. Hy het darem hulp en familie vir ondersteuning.”

Sy hanteer eintlik die situasie met die twee babas beter as wat sy gedink het sy sou.

“Ek het gelukkig my ouers se hulp, behalwe in die nag. Ek het 'n nuwe definisie van multitasking ontdek!”

Jan en die kinders bel haar drie keer per dag op video-oproep, vertel Yvette.

“Hulle verlang na die kleintjies en vra ook elke keer wanneer kan ek huis toe kom.”

Republikein het vroeër berig oor Yva wat op 14 maande met limfoblastiese leukemie gediagnoseer is. Yva is nou drie jaar oud en volgens Yvette het sy Desember verlede jaar haar laaste chemo ontvang en is sy tans in remissie. Yva moes as deel van haar behandeling elke drie maande vir chemo en 'n lumbaalpunksie (lumbar punch) na Pretoria reis.

“Ons trek nou net elke maand haar bloed om seker te maak die kankerselle kom nie terug nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!