Ma gooi babadogtertjie glo weg
Adolf Kaure – Die Namibiese polisie het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om te help soek na ‘n vrou wat haar pasgebore baba op Swakopmund glo weggegooi het.
Volgens hoof- speurinspekteur Daniel Gurirab het ‘n taxibestuurder op die baba afgekom.
“Die taxibestuurder het die pasgebore babameisie omstreeks 06:45 in die Tulinawa-nedersetting op Swakopmund ontdek. Die bestuurder was by die huis om ‘n kind vir skool op te laai. Volgens hom het hy die baba toegedraai in ‘n kombers gevind waar sy langs die asdrom in die erf gelê het. Die baba is in ‘n stabiele toestand,” het Gurirab gesê.
Sy is vir waarneming in die staatshospitaal op die dorp opgeneem.
‘n Strafsaak is geopen en word deur die polisie se eenheid vir geslagsgebaseerde geweld in die Erongostreek ondersoek.
Gurirab het versoek lede van die publiek met inligting oor waar die meisie se ma haar bevind, moet speursers. Kalipi by 081 619 6503 of vir Gurirab self by 081 233 3745 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie