Ma eis u2019n miljoen nu00e1 seun se dood
Ma eis u2019n miljoen nu00e1 seun se dood

Ma eis ’n miljoen ná seun se dood

Die polisie sê die moord op ’n 18-jarige deur ’n voormalige beampte het nie plaasgevind terwyl die beampte aan diens was nie.
Henriette Lamprecht
face="Verdana" >

Henriette Lamprecht - ’n Vrou wie se agtienjarige seun deur ’n voormalige speurder in die polisie doodgeskiet is, eis ’n miljoen dollar van die polisie en die ministerie van veiligheid en sekuriteit.

Me. Annaline Motonane se seun, mnr. Odilo Motonane, is op 22 Maart 2016 deur Lazarus Awaseb met sy dienspistool op Gobabis doodgeskiet.

Awaseb is vroeër vanjaar skuldig bevind op aanklagte van moord en poging tot moord, wat saam met die wet op die bekamping van geslagsgeweld gelees word, asook op alternatiewe klagte van die nalatige afvuur of hantering van ’n vuurwapen, sowel as die onregmatige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Awaseb het in sy moordverhoor getuig hy en Motonane het gestoei toe hy die vuurwapen by hom wou afneem en ’n skoot afgegaan het.

Die voorval het by Awaseb se meisie, me. Mildred Hoases, se huis plaasgevind. Hoases was glo Motonane se eksmeisie. Volgens Awaseb het hy nie geweet Motonane sou daar wees nie.

Die staat het aangevoer Awaseb het Motonane in die rug geskiet en die moord is deur jaloesie aangevuur omdat Motonane by Awaseb se meisie was.

Hoases is ook tydens die voorval gewond. Awaseb het ná die voorval probeer selfdood pleeg deur homself in die bors te skiet, maar het oorleef.

Volgens Motonane se ma, Annaline, was Awaseb in diens van die ministerie en die polisie toe hy die wapen uitgeboek het en haar seun daarmee doodgeskiet het. Sy eis nou N$100 000 vir emosionele skok.

“Motonane (Annaline) het ’n baie noue band met haar seun gehad omdat hy haar eerste seun was. Die nuus dat hy deur ’n wetstoepasser geskiet is terwyl die persoon aan diens was en dat sy haar seun nooit weer lewend sal sien nie, het haar emosioneel heeltemal vernietig,” lui die hofstukke.

Sy eis ’n verdere N$860 000 omdat haar seun tot die huishouding bygedra het en ook ’n tweejarige dogter agterlaat wat sy nou finansieel moet ondersteun. Vir die koste wat sy vir haar seun se begrafnis moes aangaan, eis Motonane N$40 000.

In hul verweer voer die ministerie en die polisie aan hulle is nie ’n maand voor die tyd in kennis gestel dat Motonane ’n skadevergoedingseis gaan indien nie.

Ook het sy nie die siviele aksie binne ’n jaar ná die voorval van stapel gestuur nie, maar wel drie jaar en 16 dae later.

Volgens hofstukke was Awaseb nie tydens die voorval aan diens nie, maar het hy Motonane om 05:00 geskiet, voor hy om 08:00 vir diens sou aanmeld.

Motonane is boonop nie by die polisiekantoor geskiet waaraan Awaseb verbonde is nie, maar by die Kanaän-informele nedersetting.

Hy was ook nie veronderstel om in die besit van sy dienspistool te wees nie. Volgens hofstukke moet dit in ’n kluis by die polisiekantoor gebêre word wanneer hy nie aan diens is nie.

Die moord op Motonane was ’n “onafhanklike daad en misdaad” buite die raamwerk van sy werk, lui die hofstukke.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!