Lys van 2021-staatsbegrafnisse reeds begin

29 January 2021 | Politiek
Augetto Graig – Die jaar het skaars afgeskop, toe kondig president Hage Geingob op 12 Januarie die amptelike begrafnis vir oorlede mnr. Cleophas Mutjavikua in die Staatskoerant aan. Mutjavikua is op 3 Januarie aan Covid-19-verwante komplikasies oorlede.
Die voormalige goewerneur van die Erongostreek was die eerste begunstigde van ’n erkende staatsbegrafnis vir 2021, en ’n onlangse geval van die verwoesting wat Covid-19 onder Namibië se leierskap saai.
Die kantoor van die eerste minister se woordvoerder, mnr. Rhingo Mutambo, het uitgebrei oor 2020 gevalle van hierdie laaste formele vaarwelgeleenthede. Hoewel die eerste minister se kantoor nie rekord hou van die oorsaak van die dood van individue wat só vereer word nie, kon Mutambo sê dat 13 amptelike begrafnisse in 2020 deur die staat gehou is, en een staatsbegrafnis.
Die eerste minister se kantoor is ook in beheer van heldebegrafnise, maar daar was laas jaar geen van hierdie tipe in Namibië gehou nie. “Daar was geen heldebegrafnis gedurende die tydperk nie,” sê Mutambo.
Die enigste staatsbegrafnis in 2020 was vir mnr. Martin Lazarus Shipange by die Heldeakker, suid van Windhoek, op 4 Julie gehou.
Namibiërs wat laasjaar deur ’n amptelike begrafnis vereer is, sluit in die destydse bevrydingstryd se kolonel Jonas Nawa Shiweda, mnre. Jason Abed Hangula, Justus Haita, Lazarus Hamutele, Nekwaya Hango, Silvanus Vatuva en Eliah Lemmy Muremi, afgetrede kolonel Noah Ndafenongo, me. Jakobina Taukondjele Sheehama, me. Teresia Venondumbo Namundjebo, mnr. Wilbard Iita Amwaalwa, voormalige brigadier-generaal Bernard Kawa, en die parlementslid mnr. Mandela Kapere, wat ook aan Covid-19 oorlede is.
– [email protected]

Soortgelyk
Pryse van petrol, diesel styg
5 ure gelede | Energie
Baie nuwelinge kry viskwotas
5 ure gelede | Visserye
WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus
6 ure gelede | Gesondheid
Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle
6 ure gelede | Gesondheid
Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...
8 ure gelede | Infrastruktuur
Sluitingsdatum vir Shining Light verleng
8 ure gelede | Kuns en vermaak
Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek
12 ure gelede | Onderwys
Waarskuwingskote stuit vermeende diewe
23 ure gelede | Misdaad
Robberts bly in aanhouding
23 ure gelede | Howe
Kleinadvertensies