Lykshuise steier onder Covid-sterftes

Net nood, dringende operasies

08 June 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Lykshuise is reeds oorlaai, met die toenemende aantal Covid-19-sterftes wat nog groter druk daarop plaas.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is sommige van die oorskot reeds vir vyf jaar in van die lykshuise.

Met die aantal Covid-sterftes wat die afgelope twee weke drasties gestyg het en teen gister op 912 gestaan het, het Shangula ’n beroep op die publiek gedoen wat familie aan Covid afgestaan het, om hul geliefdes so gou as moontlik en binne die bepaalde tydperk te begrawe.

Intussen is alle landswye verwysings na die twee groot staatshospitale in Windhoek, Katutura en Windhoek Sentraal en wat nie noodgevalle is nie, tot verdere kennisgewing gestaak. Voortaan sal net dringende en noodoperasies hier uitgevoer word. Alle uitreikbesoeke na die twee hospitale is ook opgeskort.

In ’n poging om die kritieke situasie by die twee hospitale te takel, gaan onafhanklike Covid-eenhede gevestig word, met personeel wat vir tydperke van drie tot ses maande hier diens sal verrig. Die betrokke personeel sal bestaan uit nuwe indiensnemings, sowel as bestaande personeel wat herontplooi is.
Van mediese departmente word vereis om mediese beamptes hiervoor vry te stel. Die nuut ontplooide kliniese personeel gaan “blitskursusse” oor kritieke sorg ontvang in ’n poging om Covid-pasiënte beter te bestuur.

Spesifieke konsultante moet na spesifieke Covid-eenhede verwys word en moet fisies saalrondes hier doen om pasiënte te evalueer en bestuursplanne te bepaal.

’n Dringende oplossing moet ook vir die ernstige suurstofkrisis by dié twee hospitale gevind word. Die twee hospitale se bestuur het ’n beroep op Shangula gedoen om sy magte in terme van die wet te gebruik om groter samewerking met private gesondheidsorgsentrums in die stryd teen die pandemie af te dwing.

“Alles in die bestuur se vermoë moet gedoen word om as ’n saak van nood die bykomende toerusting aan te koop wat nodig is. Voorts moet die twee hospitale as ’n kwessie van dringendheid die Khomas-gesondheidsdirektoraat help om die militêre hospitaal so gou as moontlik te open.”
Volgens die bestuur en senior kliniese personeel word die res van die twee hospitale se personeel “sterk aangeraai” om so gou as moontlik hulself teen Covid te laat inent.
[email protected]

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

22 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...

Gweri Vintage Collection – the brand that keeps on...

2 dae gelede | Mense

Zulu Boy sets the trend for creativity Created by Namibians for international consumption The Gweri Vintage Collection is a brand focused on providing exclusive and...