Lyk van Nederlandse stapper nog nie uitgeken
Lyk van Nederlandse stapper nog nie uitgeken

Lyk van Nederlandse stapper nog nie uitgeken

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Niemand het al die lyk uitgeken van 'n 70-jarige Nederlandse burger wat Saterdagoggend deur 'n groep stappers langs 'n wandelpad in die Daan Viljoen-wildtuin buite Windhoek gevind is nie.

Die afgetrede Nederlander, wat op 9 Oktober met 'n gehuurde voertuig vanaf Kaapstad in die land aangekom het, het Donderdag omtreeks 10:00 alleen die 9 km lange wandelpad aangepak.

Mnr. Servaas van den Bosch, die Nederlandse erekonsul in Namibië, sê die man was by 'n gastehuis in Pionierspark tuis en het 'n taxi gevra om hom na Daan Viljoen te neem om daar te gaan stap.

Hy het gereël dat dieselfde taxi hom weer om 15:00 sou kom oplaai. Toe hy nie by die afgespreekte plek opdaag nie, is die parkowerheid en later ook die polisie in kennis gestel.

Van den Bosch sê daar is Vrydag die hele dag na hom gesoek. Die polisie was Saterdag op die punt om 'n helikopter te ontplooi, toe sy lyk deur ander stappers naby die eindpunt van die wandelroete gevind is.



identiteit

Sy rugsak, met kontant en sy persoonlike dokumente daarin, is by hom gevind.

Van den Bosch sê geen misdaad word vermoed nie. “Hy is ook nie deur 'n wilde dier aangeval nie.” Volgens hom het hitte-uitputting en dehidrasie moontlik tot sy dood aanleiding gegee.

Hy sê hoewel die man se identiteit bekend is, kan sy naam nie aan die media bekend gemaak word voordat hy nie deur 'n familielid of deur middel van sy vingerafdrukke uitgeken is nie.



Navorsing

Dié geskeide pensioenaris was glo in die land om geskiedkundige navorsing oor Nederlandse afstammelinge te doen. Hy het in Friesland gewoon. Sy kinders is reeds van sy dood verwittig.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, sê sy lyk is nog nie deur 'n familielid by die polisie se lykshuis uitgeken nie.

Volgens haar duur die geregtelike ondersoek na sy dood voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!