Lyfskilder sorg vir opwinding

31 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
BUITEN vir sport en ander vermaaklikheid wat die kus die naweek in \'n miernes van bedrywighede omskep het, het die plaaslike kunswêreld vir opwinding van \'n ander aard gesorg.
\'n Bekende wildleweskilder, Ian Yallop, en sy vrou Brenda het Saterdag van 08:00 by Die Muschel se galery die kwas en vingerpunte ingelê om die eerste vier lyfskilderwerke aan die kus te voltooi. Toeskouers kon deur die dag van buite loer hoe die kunstenaars werk, of selfs \'n draaitjie agter die spreekwoordelike skerms maak.
Toe die uitstalling om 18:00 geopen het, was daar kwalik plek vir \'n muis in die galery. Die vier lewende kunswerke het in rame poseer saam met Yallop se 17 wildleweskilderye wat nog tot 10 Januarie te sien is by Die Muschel. Mense wat \'n bietjie meer wou waag, kon selfs iets te ete aan die dierasies voer...
Waarskynlik die heel treffendste was die klein meisietjie wat soos \'n regte akkedis een geword het met die pilaar waarteen sy opgeklouter het. Dit het nie net mooi kyk nie, maar ook die raad van \'n ander geesdriftige gekos om dié sondiertjie te eien.
Ian en Brenda woon op Nelspruit waar hy kunsklasse gee by die Penryn-kollege. Hulle beplan om vandag oor Botswana huiswaarts te keer, maar was ewe getref deur hul eerste besoek aan Namibië. Die jonggetroudes (hulle het op 19 Oktober die \"groot stap\" gedoen) het gesê hulle wil graag weer noord van die Oranje besoek kom aflê.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...