Luukse Rovos Rail op Namibiese spore

Gerine Hoff
Catherine Sasman – “Dit is een van die luuksste treine wat nóg deur ons stasie is,” het ’n trotse senior kontroleerder: passasiersdienste by die Windhoekse stasie, mnr. Gerson Eiseb, gesê toe die Rovos Rail vir amper twee dae verlede week daar gestaan het.

Die trein, met sy 19 waens, is tans in Namibië op sy tweejaarlikse reis deur die land en aan ’n TransNamib-lokomotief gehaak.

Die private spoorwegmaatskappy werk vanuit die Capital Park-stasie in Pretoria, Suid-Afrika, waar sy rustige rit na Namibië begin het. Dit het deur die Ariamsvlei-grenspos in die land gekom en deur klein stasies soos Kunis, Kokerboom, Hamab, Nuwefontein, Karasburg, Sulz en die Gemsvlakte gereis.

Dit het by Holoog – die naaste stasie aan die Visrivier-canyon – gestop waar twee busse wat die toer padlangs vergesel, gewag het om gaste na dié aanloklikheid te neem voordat die trein verder na Keetmanshoop gereis het.

Die oornagting in Windhoek het gaste ’n kans gegee om ’n staptoer deur die stad te neem, waarna sommige besoekers na Sossusvlei gevlieg het vir ’n vinnige besoek aan die duine. Daarna het die reis na Kranzberg voortgegaan, van waar dit in trurat na Otjiwarongo gereis het. Van hier is gaste per bus na Mukuti Lodge geneem om die Etosha Nasionale Park te besoek. Toe is dit terug deur Kranzberg na Swakopmund, waar die eerste deel van die Namibiese reis geëindig het alvorens dit met ’n nuwe groep gaste na Ariamsvlei terugkeer. Die toer deur Namibië eindig op 14 Mei.

Die rit deur Namibië is een van Rovos Rail se gewildste in Afrika. Die mees gesogte is egter die 15 dag lange skilderagtige roete vanaf Kaapstad na Dar es Salaam.

Rovos Rail word beskou as die trots van Afrika op wiele. Wat dit só spesiaal maak, sê die bestuurder op hierdie Namibiese reis, mnr. Adam Bentley, is dat dit een van die laaste oorblyfsels is van ou-wêreldse elegansie en luuksheid, maar in ’n mate wat die 1920's nie self kon oplewer nie.

“Hier skep ons ’n gevoel van ’n vervloë era om outydse nostalgie terug te bring,” het Bentley gesê.

Die Vereniging van Internasionale Spoorwegreisigers (IRT) gradeer Rovos deurlopend onder die top vyf luukse treine ter wêreld. In Afrika bied die ander luukse trein – die Blou Trein – meer moderne fasiliteite aan boord en beweeg dit ook veel vinniger as die Rovos Rail wat nooit meer as 60 km per uur ry nie.

Die stadige, statige pas van die Rovos Rail is daarop gemik om sy gaste te laat ontspan, met geen afleiding van die buitewêreld nie, het Bentley gesê.

Daar is geen radio of televisie aan boord nie, en gaste mag nie selfone of skootrekenaars in openbare areas gebruik nie. Die doel is juis om tydens die reis van die alledaagse gejaag te ontkoppel.

“Ons wil ons gaste terugneem na ’n era van goeie, outydse gesprekke,” het hy gesê.

Die waens, wat met die hand omgebou is, weerspieël juis dit. In die laat 1980s het die eienaar, Rohan Vos, begin om waens in verskillende stadiums van verval te koop en met ’n toegewyde span dit een-vir-een herbou.

Elke trein beskik oor ’n elegante salonwa. Daar is ook ’n waarnemingswa met ’n oop balkon, ’n rooksalon en een of twee eetsalonne wat óf in ’n 1920s-styl gebou is met kiaatpilare, óf in ’n meer moderne 1930s-styl met groot vensters.

Die slaapkompartemente kom in drie prysklasse, met die mees luukse, die Royal suite, wat met ’n bad en stort toegerus is.

Etes op die trein word met vars produkte gemaak en met Suid-Afrikaanse uitsoekwyne voorgesit, wat in die prys ingesluit is.

Aandete is ’n swierige affêre, met geen plakkies of denims wat toegelaat word nie.

Bentley reken hierdie reis is iets wat jy gerus op jou moet-doen-lys kan neerskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.64/OZ DOWN -0.0033 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 826.60/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 909.94/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.64/OZ DOWN -0.0033 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 826.60/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 909.94/OZ UP +0.01%