Luukse motor nie gewen by Nedbank Desert Classic

16 January 2020 | Sport
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Nedbank Desert Classic gholftoernooi het spelers die kans gestaan om 'n blinknuwe Mercedes Benz C180 AMG as 'n prys te wen indien hulle tydens die finale ronde 'n volmaakte gelukhou by die syfer-drie 16de putjie aanteken.

Sulke geluk was egter vir geen speler by die Rössmund-gholfbaan buite Swakopmund beskore toe die toernooi net voor Nuwejaarsdag aangebied is nie, hoewel die res van die twee dae aan al die verwagtinge van puik gholfhoue voldoen het.

Nedbank Namibia se toetrede as titelborg van die gesogte toernooi, met die steun van Bachmus Oil & Fuel Supplies as medeborg, het meegebring dat spelers heerlik bederf is.

Elke speler het op die eerste oggend 'n verwelkomingsgeskenk ontvang, met ontbyt en vars Slowtown-koffie.

Die eerste afslaangroep om 09:30 het Nedbank Namibia se besturende direkteur, mnr. Lionel Matthews, ingesluit. Die bankgroep se uitvoerende bestuurder vir die Afrika-streek, dr. Terence Sibiya, was ook in die voltallige veld van 140 spelers.

Die 2019 Nedbank Desert Classic se wenspan was Vincent van Biljon en Arne Rodenwoldt, twee oud-Swakopmunders wat saamgespan het vir 'n briljante telling van 93 punte.

Tweede was die plaaslike gunstelinge Gert Breedt en Andrew van Schalkwyk (89 punte, uittel), gevolg deur die Walvisbaaise paar Pieter Fox en Wouter van Wijk in die derde plek (89). Drie spanne was op 88 punte, naamlik Leevi Tshoopara en Edwin Kutara, Marco en Marlon Swarts, asook Borris Erasmus en Grant Mather.

Matthews het in sy toespraak by die prysuitdeling gesê: “Ons is met 'n ware skouspel van gholf bederf – sowel met die spel wat ons op die baan gesien het as die omgewing van foutlose gehalte. Die toernooi het tevore reeds groot aansien verwerf, maar die Nedbank Desert Classic stel nou 'n hoë maatstaf vir die kwaliteit van gholf in die land.”

Matthews het ook sy waardering uitgespreek teenoor die ondersteunende borge Bachmus Oil & Fuel Supplies, Windhoek Lager en M+Z Motors. “Die Rössmund-klub en die baan was soos gewoonlik uitstekend voorberei en ons is bevoorreg om hier te kon speel.”

Soortgelyk

 

Destined to inspire

8 ure gelede | Mense

Ester KamatiSem Mandela Uutoni’s desire for community development manifests itself in his work and is what drove him to pursue a bachelor’s degree in regional...

Make education your New Year’s resolution in 2020

8 ure gelede | Mense

Albin JacobsWith the holiday season drawing to a close it is time to focus on the new year, 2020. Almost everyone makes some kind of...

Dankbare dorre aarde

8 ure gelede | In beeld

“Die Karasberge in die Karasburg-distrik het onlangs vir die eerste keer in vier jaar reën gekry,” sê NP Esterhuyse, wat dié pragfoto geneem het.

Groot kanonne hoor kiessaak

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof...

Katrina hoor gou oor appèl

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag...

Fearless manager - Game of Phones

8 ure gelede | Mense

Michelline NawatisesLeandro van Wyk, call centre manager at MultiChoice Namibia, started his career in the banking industry in 2001 as a back-office ledgers clerk, after...

Connecting clients to the correct networks

8 ure gelede | Mense

Ester Kamati With internet connection, there is no stopping Macveren Kapukare, a telecommunication engineering graduate who is passionate about making a difference in the world...

Oudonderwyser sit steeds

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie...

Aandag alle bruidspare!

8 ure gelede | Gebeure

Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie skop weer vandag af. Paartjies wat tussen 1 Maart 2019 en 29 Februarie 2020 getroud is, kan vir vanjaar...