Luiperds loop wyer draaie

Navorsers sê 'n vorige skatting van die plaaslike luiperdbevolking was verkeerd.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



'n Sensusopname toon 'n sterk toename in die verspreiding van Namibië se luiperds.

Dié roofdiere kom ook nou voor waar wetenskaplikes hulle nog nie voorheen ontdek het nie.

Terselfdertyd meen navorsers ­alhoewel die skatting van die totale luiperdbevolking laer is as in 2011, het luiperdgetalle nie afgeneem nie en is eerder die teenoorgestelde die geval.

Die Namibië Universiteit vir ­Wetenskap en Tegnologie (Nust) se prof. Morgan Hauptfleisch was vandeesweek tydens die Namibië ­Professionele Jagvereniging (Napha) se 46ste jaarvergadering aan die woord. Hy het gesê alhoewel luiperds in Namibië tans op 11 733 geraam word, terwyl dit volgens die 2011-studie 14 154 was, dui dit nie op 'n afname nie.

“Dit is eerder 'n regstelling van die vorige getal. Onthou, die studie het ook bevind mens-dier-konflik en die verspreiding van luiperds het verhoog, en mense handhaaf die persepsie dat luiperdgetalle styg.

“Die media het aanvanklik berig daar was 'n afname in luiperd­getalle. Dit is nie net verkeerd nie, maar ook onverantwoordelik.

“Ons kon in die afgelope studie die data verfyn en daarom is die skatting laer. Boonop het hierdie studie oor luukshede beskik soos genoeg geld, wat beteken het ons kon baie meer data in die veld insamel.

“Terselfdertyd het ons kennis oor karnivore oor die afgelope vyf jaar aansienlik verbeter,” het Hauptfleisch verduidelik.

Hy het gesê die luiperdsensus het gebruik gemaak van honderde kamera-lokvalle landswyd, asook opnames wat deur net minder as 400 grondeienaars ingevul is.

Die kamera-lokvalle het meer as 7 miljoen foto's geneem.



KWOTAS

'n Analise is ook gedoen van die ­trofeeluiperds wat oor die ­afgelope tien jaar gejag is, soos gerapporteer aan die ministerie van die omgewing en toerisme.

“Namibië staan jaarliks 'n jagkwota van 250 permitte vir luiperds toe. Dit beteken ons laat toe dat 1,8% van die huidige luiperdbevolking benut word.

“Streng gesproke moet ons jaarliks net toelaat dat 211 gejag word, maar as ons kyk na die aantal luiperds wat wel jaarliks gejag word, is dit veel minder. Oor die ­afgelope tien jaar kon ons nie die kwota van 250 luiperds per jaar vul nie.

“Die rede hiervoor is onder meer dat die gebiede waar luiperds loop baie groot is - veral wat luiperd­mannetjies betref.

“Wanneer 'n jagkwota dus vir 'n spesifieke plaas gegee word, is dit baie beperkend, want die roof­diere beweeg oor talle plase.

Dis een van die grootste redes waarom die jag van luiperds dikwels onsuksesvol is.

“Ek stel dus voor dat die ­jag­kwota nié verminder word nie. Nog 'n voorstel is dat 'n jagpermit vir ­luiperds uitgereik word wat oor 'n groter gebied geldig is, eerder as op individuele plase,” het Hauptfleisch gesê.



PLAASEIENAARS

Hauptfleisch sê altesaam 85% van die grondeienaars wat aan die ­luiperdsensus deelgeneem het, het aangedui die roofdiere kom wel op hul plase voor.

“Talle plaaseienaars glo luiperd­getalle is besig om te styg. Data toon dat luiperds die tweede ­grootste oorsaak van mens-dier-konflik was, met jakkalse wat eerste op die lys oor die afgelope twee jaar was,” het hy gesê.

Luiperds is nou ook wyer oor die land verspreid.

“Die vorige opname wys luiperds het bykans nooit in die Kalahari-dele van die land voorgekom nie, terwyl die jongste opname toon hulle het nou 'n medium tot hoë teenwoordigheid daar.

“In gebiede waar voorheen 'n medium tot hoë digtheid van ­luiperds was, kom nou selfs meer voor. Na raming was daar 'n 40%-toename in mediumdigtheid­gebiede en 'n toename van 16% in hoë-digtheidsgebiede.

“Dié data stem ook ooreen met syfers oor mens-dier-konflik, asook mense se opvatting dat luiperd­syfers verhoog het,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.44 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1160.71 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.42/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.72% | Zinc US$ 2 836.40/T UP 0.55% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 939.20/OZ DOWN -0.0008 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.44 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1160.71 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.42/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.72% | Zinc US$ 2 836.40/T UP 0.55% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 939.20/OZ DOWN -0.0008