Lui-lui telefoon
Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking.
Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het in 'n mediaverklaring gesê klagtes is van kliënte oral in die land ontvang wat nie oproepe na die 061-skakelkode van Windhoek kon maak nie.
Hy het gesê Windhoekers kon ook nie selfoonnommers van hul landlyne skakel nie, asook oproepe van Suid-Afrika of ander internasionale bestemmings ontvang nie.
"Telecom Namibia se ingenieurs werk tans hard as eerste prioriteit om die Windhoek-netwerk te herstel. Sommige van die dienste is herstel," het Angula gesê
"Geen ander landlyne in die land is geraak nie, behalwe wanneer na sommige Windhoek-nommers geskakel word nie."
Hy het verskoning gevra vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.
Indien daar enige probleme ondervind word, skakel die kliëntesentrum tolvry by 1100.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie