Lugvaart ‘dobber nog’
Die toekoms van die uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) is duister.
Denver Kisting – Twee ministers het gister die bal heen en weer gegooi oor die onsekerheid rondom die toekoms van die uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA).
Voor me. Angeline Simana se prestasie nie geëvalueer word nie, kan haar kontrak nie verleng word nie, het mnr. John Mutorwa, die minister van werke en vervoer, by navraag gesê.
Mutorwa het gesê dit is ’n vereiste dat die minister van staatsdiensondernemings, mnr. Leon Jooste, na so ’n kandidaat, wat om ’n verlenging van ’n dienskontrak aansoek doen, se prestasie moet kyk.
Volgens Mutorwa het die NCAA-raad hom in Desember ingelig Simana se kontrak sou aan die einde van daardie maand ten einde loop.
Hy het toe aan Jooste geskryf om hom dienooreenkomstig in te lig en Simana se prestasiebeoordeling aan te vra.
“Ek wag nog daarop. Dit is om daardie rede dat die raad ’n waarnemende uitvoerende direkteur moes aanstel.”
Dít, sê Mutorwa, was om ’n leierskapsleemte te vermy.
Mnr. Gordon Elliot, ’n senior lugvaartamptenaar, dien tans as waarnemende uitvoerende direkteur, sê Mutorwa.
Jooste het gister bevestig Simana se omstandighede is einde verlede jaar na sy ministerie verwys.
“Ek het gereageer deur vir duidelikheid te vra oor waarom hulle haar kontrak wil hernu – spesifiek of haar prestasie beoordeel is en wat die uitslag daarvan is.”
Hy sê hy wou ook voorts by werke en vervoer weet hoekom geen formele opvolgplan by die NCAA bestaan nie.
“Ek het nog geen terugvoering ontvang nie en kan dus nie noodwending bevestig dat sy geweier het om aan ’n prestasiebeoordeling onderwerp te word nie.”
Republikein het Jooste ingelig sy kollega sê dit is sý ministerie se verantwoordelikheid om die prestasie van sulke senior amptenare, wat om verlenging van hul dienskontrakte aansoek doen, te beoordeel.
’n NCAA-werknemer het dié week gesê daar heers baie onsekerheid oor Simana se toekoms en dié van veral kontrakwerknemers.
“Ons dobber nog,” het die bron die afgelope week gesê.
Pogings om kommentaar by Simana te kry, was onsuksesvol. Republikein het haar probeer bel en ’n SMS, asook ’n WhatsApp-boodskap aan haar gerig.
In dié skrywes is sy gevra hoekom haar kontrak se hernuwing sloer, en of dit waar is dat sy haar nie aan ’n prestasie-evaluering wou onderwerp nie.
Namibian Sun het in Mei 2017 berig Simana is onder ’n wolk van geheimhouding aangestel nadat die hoëprofielvakature glo nie geadverteer is nie.
Toe is berig haar jaarlikse salaris beloop meer as N$1,1 miljoen.
Hiernaas sluit haar byvoordele mediesefonds- en pensioenfondslidmaatskap ten bedrae van N$252 000, ’n motortoelaag van N$108 770 en ’n behuisingstoelaag van N$81 558 in.
Sy sou na wat berig is ook in aanmerking kom vir ’n prestasiebonus van 35% van haar jaarlikse bruto vergoedingspakket.
Simana was die direkteur van die NCAA se voorganger, die direktoraat van burgerlugvaart.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie