Lugrederye steun ietermagu00f4s met fliek
Lugrederye steun ietermagu00f4s met fliek

Lugrederye steun ietermagôs met fliek

'n Dokumentêre fliek word ten bate van ietermagôbewaring op internasionale vlugte vertoon.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Internasionale lugrederye span saam om ietermagôbewaring nuwe hoogtes te laat bereik.

British Airways, Swiss International Air Lines, Lufthansa, KLM, Air Portugal en Austrian Airlines het onderneem om 'n dokumentêre fliek, Eye of the Pangolin, tydens hul internasionale vlugte te vertoon.

Pangolin.Africa, 'n nieregerings­organisasie en medevervaardiger van die fliek, onderhandel tans met verskeie internasionale lugrederye om die fliek as deel van hul vermaakprogramme aan boord aan te bied.

Ietermagôs is tans die mees gesmokkelde wildspesie ter wêreld.

Volgens die Namibiese polisie se wildmisdaadverslag word wildmisdadigers weekliks in verband met ietermagôstropery of die smokkel van hul velle en skubbe vasgetrek.

Op 'n vraag van Republikein of Air Namibia dié inisiatief sal ondersteun, het die korporatiewe kommunikasiebestuurder, mnr. Paul Nakawa, gesê: “Air Namibia ondersteun die bewaring van ons natuurlike spesies en dus is ons oop vir die idee om die fliek te vertoon.”

Die fliek beoog om broodnodige bewustheid van die ietermagô te skep.

Dit is verlede jaar gratis aanlyn op YouTube vrygestel en word ook nou aan boord van sekere lugrederye vertoon.

“Ons sien passasiers as die perfekte gehoor om die fliek van 45 minute te geniet en meer te leer oor twee mans se sending om al vier spesies van die Afrika-ietermagô vir die eerste keer in 'n fliek vas te vang,” het mnr. Toby Jermyn, direkteur van Pangolin.Africa, gesê.

“Dit is ons doelwit dat Eye of the Pangolin die gewildste dokumentêre wildlewefliek ooit word.”

Fliekvertonings aan boord gaan op 15 Februarie saam met Wêreld- ietermagôdag val.

Dit sal deur sosialemediaveldtogte ondersteun word wat potensiële reisigers by groot internasionale lughawens teiken waarvandaan deelnemende lugrederye vlieg.

Pangolin.Africa nooi ander internasionale lugrederye uit om by dié insiatief aan te sluit.

Besoek www.pangolin.africa/inflight vir meer besonderhede.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!