Lugramp: Fokus op vlieëniers se optrede
Kirgistan
Dit lyk asof die optrede van die vlieëniers die fokus is in die ondersoek na die ongeluk waarin ’n vragvliegtuig Maandag naby Bisjkek, Kirgistan, geval het.
Die vliegtuig het in digte mis by die Manas-lughawe probeer land toe dit in die woongebied langs die lughawe neergestort het.
Nooddienste sê die Boeing 747-400 het 15 huise getref en minstens 32 mense op die grond is dood.
Die vyf bemanningslede het ook omgekom.
Moehammetkali Aboelgazjof, adjunkpremier, het volgens berigte tydens ’n plaaslike televisieuitsending gesê die bemanning het volgens die voorlopige inligting ’n fout begaan, maar het nie verder uitgebrei nie.
Die ondersoek na die oorsaak van vliegrampe neem gewoonlik maande om af te handel. Netwerk24/Reuters/CNN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie