Lughawens sonder navigasietoerusting
Lughawens sonder navigasietoerusting

Lughawens sonder navigasietoerusting

Vlugte is grootliks ontwrig en moes na ander lughawes herlei word.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Verskeie plaaslike en internasionale vlugte van EuroWings, Airlink en Westair was vanaf Vrydag vertraag, gekanselleer of moes na lughawens in ander lande herlei word vanweë die afwesigheid van noodsaaklike navigasietoerusting op Namibiese lughawens.

“Dit het daartoe gelei dat passasiers op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gestrand was en ander passasiers nie hul bestemmings in Namibië kon bereik nie,” het die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging (AOPA) Vrydag in ’n mediaverklaring gesê.

“Boonop is dié stand van sake ’n aansienlike veiligheidsrisiko en het dit ’n impak op die reeds wankelende lugvaartsektor,” sê AOPA wat op 29 Januarie reeds die tussentydse uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCCA) in ’n brief gewaarsku het dat vliegtuigbenaderings onder instrument-meteorologiese toestande (IMC) nie meer in Namibië ondersteun of gemagtig is nie.

“Dit is weens die nie-kalibrering van lughawens se metereologiese toerusting en navigasiehulpmiddels op die grond (NAVAIDS) en die ondiensbaarheid van die waarnemeningsradar. Die laaste opsie om instrumentnaderings by Namibiese lughawens uit te voer, is nie meer wettig of toelaatbaar nie en alle vliegtuie moet volgens visuele vlugreëls opstyg en land," sê AOPA.

Instrumentnaderings is lugvaartprosedures wat gebruik maak van toerusting by lughawens om vlieëniers met navigasie te help wanneer die sig in slegte weerstoestande swak is. Dit verseker dat vliegtuie veilig land.

Vrydag en Saterdagoggend tydens mooi weer kon sekere vlugte op Hosea Kutako land, maar ander moes weens die reënweer na Eros-lughawe of lughawens in ander lande herlei word.

AOPA het as ’n saak van dringendheid ’n vergadering met alle operateurs en reguleerders op 27 Januarie weens die huidige reënweerstoestande versoek.

“Vlieëniers en operateurs het verskeie veiligheidsvoorvalle gerapporteer omdat hulle nie instrumentnaderings kon uitvoer nie. AOPA het die NCCA en die ministerie van werke en vervoer gewaarsku dat hul nie-nakoming en versuim om alle instrumente by Namibiese lughawens te diens, alreeds en steeds uiters ernstige veiligheidsrisiko’s vir passasiers sal hê, desondanks die negatiewe impak op die lugvaartbedryf en die ekonomie,” lui AOPA se verklaring.

“Verder was daar geen oorweging vir alternatiewe maniere om die veiligheidsrisiko’s te verminder nie, óf vir die finansiële gevolge en negatiewe beeld na die publiek weens nie-dienslewering nie.”

AOPA meen die situasie kon vermy gewees het en is ’n aanduiding van die mate van wanfunksie van die reguleerders oor lugvaartkwessies.

“Dit is ’n vernederende situasie vir Namibië dat geen lughawens in staatsbesit in die hele land landings en opstygings onder instrumentvlugreëls kan ondersteun nie.

“Hierdie kwessie plaas die publiek, die operateurs en vlieëniers in ’n situasie van uiters ernstige veiligheidsrisiko, ten spyte van die koste, ongerief en vernedering wat die publiek en die land tans verduur,” sê AOPA.

AOPA doen ’n beroep op die regering om onmiddellik op te tree om te verseker dat die kwessie voorkom en nie herhaal word nie.

Saterdagmiddag is ’n nuwe kennisgewing aan vlieëniers (Notam) uitgereik dat die ongekalibreerde metereologiese toerusting geverifieerd is en dat vlieëniers instrumentnaderings na slegs Hosea Kutako sonder die beperkinge van visuele vlugreëls kan uitvoer.

Dit sluit nie ander lughawens in Namibië in nie, maar die tussentydse uitvoerende direkteur van NCAA, mnr. Gordon Elliot, het gister aan Republikein bevestig Walvisbaai-lughawe is volgende op die lys.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58%