Lughawens kry strikke vir wilddiewe
Lughawens kry strikke vir wilddiewe

Lughawens kry strikke vir wilddiewe

Anneli Erasmus
Des Erasmus - Internasionale lugverkeer gaan toenemend die teikens van wildsmokkelaars en bendegeweld word. Namate die bose planne toeneem, moet sekuriteit verbeter word om dit die hoof te kan bied.

Die smokkelprobleem handel nie net oor renosterhorings en ivoor nie, maar Paul Steele, sekretaris en senior adjunkpresident en bestuurslid van buitelandse aangeleenthede van die Internasionale Lugvaartagentskap (IATA), sê lughawens word al meer die teiken van internasionale terrorisme. Daarvan getuig die verloop van die aanval op die lughawe van Brussel.

Steele het op Swakopmund tydens ''n konferensie van die vereniging van lugrederye van Suider-Afrika (AASA) opgetree. Meer as 200 senior afgevaardigdes van rederye in Suider-Afrika en verteenwoordigers van die nywerheid het Vrydag en Saterdag die byeenkoms in die Swakopmundse Stasiehotel en Vermaaklikheidsentrum bygewoon.

Steele het op die gebied van vernuwing ook na die aanwending van hommeltuie op lughawens gewys. Volgens hom is Afrika se lughawens ''n toetsterrein vir dié nuwe tegnologie.

Naas veiligheid het sekuriteit ''n toenemende bron van kommer op lughawens van Afrika geword, het Steele gesê. Op die gebied van sekuriteit is bindende ooreenkomste reeds gesluit met verskerpte veiligheidsnorme wat vir tot 2023 neergelê is. Op die gebied van sekuriteit word voortdurend, en waar moontlik, oplossings ontwikkel. Daar word spesifiek op beter sekuriteitsbeheer by instappunte gekonsentreer.

Oor die omgewing het Steele gesê skandering by instappunte het uiters belangrik geword omdat passasiersgetalle voortdurend styg. Groei op die gebied van lugvaart lei tot groter uitdagings vir omgewingsbewaring. Juis op die gebied van lugverkeer met wild het die lugvaartbedryf met nuwe visies gekom vir ''n onderwerp van wêreldwye belang. Maatreëls is bespreek oor die vervoer van bedreigde wildspesies. Op dié gebied is kennis geneem van besluite op ''n Cites-byeenkoms in Johannesburg. Maatreëls word ingestel om beheer oor die vervoer van seldsame bedreigde dierespesies uit te oefen.

“Dit bly hoog op ons sakelys,” het Steele gesê.

“Die wêreldwye lugvaartnetwerk word wyd deur hierdie smokkelaars gebruik, maar ons baklei terug.”

Hy het gewys op vennootskappe wat lugrederye met instansies soos Cites, Prins William se Wildlewestigting en Routes in Amerika aangegaan het. Vanjaar op 29 September is in Johannesburg ''n vennootskap met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) aangegaan om die tekens van sluikhandel makliker uit te ken en om personeel op te lei. “Die omgewing sal hoog op ons prioriteitslys bly.”

Op die gebied van vernuwing sê Steele Afrika het op die gebied van lugvaart ook die toetsplek vir die gebruik van hommeltuie geword. In Rwanda het die eerste hommeltuigoperasies in Afrika begin. Hommeltuie word onder meer vir die aflewering van dringende mediese voorrade gebruik. Dit maak die wagtye van pasiënte aansienlik korter. Ongelisensieerde hommeltuiggebruike skep kommer oor veiligheid en sekuriteit, sê Steele.

Afrika kan die voortou neem om die regte raamwerk vir die gebruik van hommeltuie te skep. Daarvoor is dit nodig dat lugvaartrederye en regerings saamwerk om ''n gereguleerde hommeltuigbedryf te laat floreer, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!