Lughawe-skieter dalk geestelik gestrem

Vyf mense dood in Fort Lauderdale-aanval

09 January 2017 | Internasionaal
Die 26-jarige vete­raan van die Irak-oorlog wat vyf mense op die lughawe van Fort Lauderdale in Amerika doodgeskiet het, is Saterdag aangekla van moord terwyl ondersoe­kers probeer vasstel of geestesongesteldheid 'n rol gespeel het.

Verskeie mense is in die voorval gewond. Van hulle veg nog om hul lewe, het Rick Scott, goewerneur van Florida, Saterdag gesê. Talle ander het beenbreuke en ligter beserings opgedoen terwyl hulle van die toneel probeer wegvlug het.

Die man, Esteban Santiago­ (26), het 'n geskiedenis van eienaardige gedrag. Hy het begin skiet in die gebied by die lughawe waar mense op hul bagasie gewag het.

“Ek het 'n broer wat geestelik ongesteld is en dit is baie moeilik om sommige van hierdie kwessies te hanteer. As 'n gemeen­skap moet ons daaroor praat sodra ons verstaan wat gebeur het,” het Scott gesê.

'n Woordvoerder van die FBI het gesê dit skakel nog nie terrorisme uit nie en gaan nog Santiago se onlangse reise na. Hy het in Fort Lauder­dale aangekom op 'n vlug van Alaska af en het 'n 9 mm-pistool ­afgehaal wat hy as spesiale bagasie ingegee het. Hy het dit in 'n toilet gelaai, uitgestap en links en regs begin skiet. Hy het 'n Star Wars-T-hemp aangehad. Santiago het niks gesê terwyl hy geskiet het nie, en hom eers aan die polisie oorgegee nadat sy ammunisie op was.

Santiago was 'n gevegingenieur in die weermag en het talle medaljes ontvang. Hy het in November verlede jaar by 'n kantoor van die FBI in Anchorage, Alaska, ingestap en beweer sy gedagtes word deur 'n Amerikaanse intelligensiediens beheer en dat hy opdragte kry om na IS-videos te kyk.

'n Tante van Santiago het gesê sedert hy van Irak teruggekom het, was hy “'n ander mens”.

– Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Namibië se sukses intiem verbind met dié van...

2 ure gelede | Regering

Die staatshoof, pres. Hage Geingob, het vanoggend in sy Afrikadag-boodskap aan Namibiërs hulde gebring aan die rol wat die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), voorloper van...

Aardbewing skud Kamanjab wéér

2 ure gelede | Omgewing

Kamanjab is gister (Donderdag) vir die soveelste keer die afgelope maande deur ‘n ligte aardbewing geskud.Donderdagoggend se aardbewing wat 4,6 op die Richterskaal geregistreer het,...

Hepatitis E-uitbreking in Omusatistreek

1 dag gelede | Gesondheid

Sedert gister het die Omusatistreek 45 gevalle van Hepatitis E aangeteken, waarvan 10 deur laboratoriumtoetse bevestig is. Die meerderheid van dié gevalle is uit die...

Plaasvoorman skiet glo werker dood

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n 65-jarige plaasvoorman verskyn na verwagting vanoggend (Donderdag) in die landdroshof op Mariental op 'n klag van moord.Dít kom nadat hy glo...

RCC: Kontrak met Chinese ongeldig

1 dag gelede | Plaaslik

“Dit is aangegaan sonder die insette of goedkeuring van my as lynminister.” Mnr. John Mutorwa; Minister van Werke en Vervoer

’n Huis vir Helena

1 dag gelede | Gebeure

Maria Eiseb - ’n Skoonmaker en ma van vyf was sprakeloos toe ’n huis in die Greenwell Matongo-woonbuurt in Katutura aan haar oorhandig is.Me....

STEM EN WEN

1 dag gelede | Gebeure

Tot 1 Junie het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys.Kies uit:EenhanaOkahaoOniipaOranjemundDie vier finaliste sal hul dorpe...

Kalender 25 Mei

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Omba-galery, in samewerking met die John Muafangejo Art Centre (JMAC) bied ’n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan....

'Moenie NSFAF-geld terugbetaal'

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting'n Studente-organi­sasie het gister te velde getrek teen die voorstel dat beurse van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) in lenings omskep word.Daarnaas...