Lufthansa: Nóg vlugte vir repatriëring
Ronelle Rademeyer - Benewens die vyf spesiale vlugte waarmee 1 200 Europiërs tussen Sondag en Woensdag uit Namibië na Frankfurt en München in Duitsland teruggekeer het, is besluit om nog vlugte vir repatriëring in te stel.
Volgens me. Neda Jaafari, woordvoerder van die Lufthansa Group-rederye vir Europa, Afrika en die Midde-Ooste, sê die sesde vlug het Donderdagoggend vertrek, met vlugte sewe en agt wat Vrydag en Saterdag vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe na Duitsland sal vlieg.
Altesaam 2 039 Europiërs en Britte in Namibië het verlede aangedui hulle wil terugkeer na hul lande van herkoms. Net ’n handjie vol was toeriste wat nog in die land was. Die meeste het verblyfreg en is verbonde aan ambassades of ander buitelandse agentskappe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie