LPM: Swapo is argitekte van armoede
LPM: Swapo is argitekte van armoede

LPM: Swapo is argitekte van armoede

Die LPM-beweging sê die regerende party verarm die nasie terwyl die leiers ryker word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Landless Peoples Movement (LPM) sê hy gaan volgende jaar as 'n politieke party registreer om 'n einde aan die “een-party-staat” te maak wat met agtereenvolgende, oorweldigende Swapo-verkiesing­seges en 'n gefragmenteerde opposisie tot stand gekom het.

“Hierdie is 'n vrye land en teen volgende jaar Februarie sal ons 'n belangrike aankondiging maak,” was al wat die LPM-leier, Bernadus Swartbooi, bereid was om op hierdie tydstip te sê.

“Daar is 'n behoefte om die een-party-staat te verander waarin ons is, en wat hierdie land vinniger vernietig het as wat Zanu-PF in Zimbabwe gedoen het.”

Swartbooi sê dit is “warm, baie warm, buite Swapo.”

“'n Mens hoef nie skaam te voel oor diefstal of korrupsie, of jou te skaam vir swak dienslewering nie. Ons veg nie vir setels nie. Ons veg vir 'n alternatiewe Namibië, 'n ander Namibië.”

Die LPM het voormalige bevrydingsbewegings in Suider-Afrika daarvan beskuldig dat hulle hul onderskeie lande verwoes het met 'n resep van swak staatsbestuur, wanbestuur, ­korrupsie, 'n outoritêre bewind, die versmoring van demokrasie op ­nasionale en party-vlak en die gebrek aan dienslewering.

Swartbooi sê die mislukking van voormalige bevrydingsorganisasies word verder gemanifesteer in mislukte ekonomiese beleide, “die herbenutting van die een idioot na 'n ander en die bevordering van diegene wat korrupsieklagtes in die gesig staar.”

“Dit is 'n Suider-Afrikaanse ding; dit is nie uniek aan enige land in die besonder nie,” het hy laas week Woensdag op 'n nuuskonferensie gesê.

Die LPM-leiers het Swapo as die “argitekte van armoede” gebrandmerk en sê “oligarge” wat korrupsieklagtes in die gesig staar, is in sommige van die party se topstrukture verkies. Hulle sê baie van diegene wat tot hierdie strukture verkies is, het nog nooit 'n standpunt oor enige iets ingeneem nie.

“Dis hoe Afrika-politiek is,” sê Swartbooi. “Diegene met die minste talent wat die minste bevoeg is, eindig in die hoogste moontlike posisies in die gemeenskap. Dit is hoekom Afrika en Namibië se gemeenskappe nie kan transformeer soos in die aspirasies wat in die Grondwet verwoord word nie. Dit is omdat die mins bekwame ook die mins geletterde is.”



BRONNE VAN KOMMER

Die LPM beskuldig die regerende party daarvan dat dit nie genoeg werk gemaak het om grondhervorming op 'n vinnige trajek te plaas nie en onder meer nie die moontlikheid van onteie­ning “in belang van geregtigheid en vergoeding” ondersoek het nie.

Die aktiviste beskuldig die ministerie van grondhervorming daarvan dat dit vryskeldings vir 600 ­kommersiële plase gegee het eerder as om dit vir hervestigingsdoeleindes aan te koop.

“Hoekom is hierdie grond nie gekoop nie? Dis eenvoudig: Die argitekte van armoede het hulle planne uitgevoer, naamlik om die grondlose mense grondloos te hou,” het Swartbooi gesê.

Die groep kla ook oor plakkers­kampe en krotbuurte wat nou al groter as die onderskeie dorpe is waarin dit uitbrei. Hulle sê dit was nie die geval ­gedurende die apartheidstydperk nie.

“In die tyd van die wit, onwettige besettingsbewind - ek prys hulle nie, maar gee bloot 'n geskiedkundige ontleding - was daar nie hongersnood en 'n gebrek aan kos soos ons vandag ervaar nie,” het Swartbooi gesê.

Die LPM kritiseer ook die feit dat waar onder meer B2Gold, Husab en Namdeb myn, inheemse groepe daar nie enige aandeelhouding in die maatskappye het as deel van ­vergoeding vir die verlies van hul grond nie.

Die groep sê arm landbougemeen­skappe word ontwortel en in informele stedelike gebiede ingeforseer ten einde plek vir myne en ander ­individuele belange te maak.

“Die leierskapskrisis is een waar leiers nog nooit in staat was om kwessies soos welvaartverdeling en die skepping van voorspoed die hoof te bied nie. Hulle het inderwaarheid die gemeenskap verarm terwyl hulle ryker en ryker geword het,” sê Swartbooi.

Hy sê die regering se erkenning van die swak implementering van sy programme is 'n mislukking om te regeer. Die rede hiervoor is dat 'n “­onverkose burokrasie dikwels die agente is waardeur verkose politici korrupsie en selfverryking institusionaliseer”. Swartbooi sê die gevolg is 'n verminderde kapasiteit in staatsinstellings om verandering te weeg te bring en 'n “absolute weiering” van instansies soos die Teenkorrupsiekommissie om kwessies van korrupsie te hanteer, terwyl die kantoor van die aanklaer-generaal faal om vervolgings te doen.



ONTWIKKELINGSAGENTSKAPPE

LPM het ook buitelandse ontwikkelingsagentskappe soos die Konrad Adenhauer-stigting en die Frederick Ebert-stigting gekritiseer omdat hulle versoeke vir bystand om slypskole en leierskapopleiding te doen, van die hand gewys is.

“Sommige van hierdie instansies sê hulle kom uit demokratiese lande en bestaan om demokrasie te verdiep en uit te brei. Wanneer hulle egter na Suider-Afrikaanse lande kom, waar daar hulpbronne is en waar hul ­nasionale regerings 'n ­besondere beleid oor regerende partye het, is dit nie die geval nie,” het Swartbooi bygevoeg.

Hy sê Namibië reflekteer nie 'n ware demokratiese bedeling nie, omdat een party die politieke landskap ­oorheers en waar die meeste partye, ­insluitende die regerende party, in wese etniese of stamgebonde ­organisasies is.



STEMME KOOP

Swartbooi en sy mede LPM-­leier, Henny Seibeb, beweer voorts dat ­afgevaardigdes na die onlangse Swapo-kongres omgekoop is.

“Ons weet aan wie geld gegee is en deur wie dit gegee is. Ons weet ook van die begroting wat deur sommige ander mense eenkant gesit is vir hierdie uitkomste,” het hulle gesê, maar wou geen verdere besonder­hede verskaf nie.

Hulle sê ook dat 'n klein groepie Swapo-lede deur die land gereis het en mense met veteraan-status en ander nasionale bronne omgekoop het om die LPM se veldtogvoering vir steun in die wiele te ry.

Die LPM-leiers wou ook nie in die verband enige name verskaf nie, maar het gesê hulle sal dit op 'n tyd van hul keuse vir die “optimale impak” onthul.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!