Louwrens wys talent met 110
Krieket
Andrew Poolman - Aangedryf deur die 17-jarige Lo-han Louwrens se eerste honderdtal in eersterangse krieket, het die Namibiese krieketspan gister stewig vertoon op die eerste dag van sy driedagwedstryd teen die Boland in die Paarl.
Namibië het sy eerste beurt op 279 almal uit afgesluit. Dit was grootliks te danke aan Louwrens se puik kolfwerk wat hom met 110 lopies van 155 balle die anker in die kolflys gemaak het.
Die skoolseun van Windhoek Gimnasium het op 145/4 ingestap en het uiteindelik vyftien grenshoue en ’n ses geslaan.
Net soos toe hy verlede jaar die topkolwer in die sensasionele oorwinning teen Suid-Afrika by die o.19 Wêreldbeker-wedstryd in Bangladesj was, het hy beïndruk met sy kalm werkwyse op ’n kolfblad waarop groenigheid en ’n mate van beweging te bespeur was. Enige bouler wat vir Louwrens ’n bietjie wydte gegee het, moes maar deurloop.
Sy vorige hoogste en enigste eersterangse vyftigtal was in Januarie, toe hy 78 teen die OP in Windhoek behaal het.
Die ervare Craig Williams het ook aanvallend gekolf en het sy vyftigtal net-net misgeloop (48) voordat hy met sy 59ste bal geboul is. Hy het vier viere en twee sesse geslaan.
Stephen Baard (24) en die terugkerende JP Kotze (32) het ook net op stryk begin kom voordat hulle uitgehaal is. Later het Jan Frylinck (16) en JJ Smit (18) lank genoeg vasgeskop om Louwrens tot by sy honderdtal te help.
Kolwers wat dié keer nie veel kon bydra nie, was Justin Baard (9), Sarel Burger (2) en Zane Green (0).
Voordat swak lig die spel vroeg beëindig het, is een Bolander uitgehaal toe Cebo Tshiki (4) deur Sarel Burger been-voor-paaltjie betrap is. Boland hervat vanoggend op 23/1.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie