Louis as Haaie se kaptein aangewys
Rugby
Tinus van Staden - Die Springbok-skrumskakel Louis Schreuder sal die Haaie in vanjaar se Superrugby-reeks aanvoer.
Die Haaie het gister in 'n verklaring bevestig dat Schreuder die leisels by 2018 se kaptein, die slot Ruan Botha, oorneem.
Schreuder het die Haaie verlede jaar in die Curriebeker-uitspeelwedstryd aangevoer en die span tot 'n sege oor die Westelike Provinsie in die eindstryd in Kaapstad gelei.
Beast Mtawarira is as die span se onderkaptein aangewys.
“Louis is 'n uitmuntende taktikus en hy geniet die ondersteuning van die spelers, wat baie vertroue in hom as hul leier het,” sê Robert du Preez, die span se afrigter.
“Dit gaan ook oor hoe hy op 'n individuele grondslag met die spelers werk. Hy weet hoe om met verskillende spelers te kommunikeer en hy haal die beste uit elke individu.
“Hy verstaan en dryf ook ons spankultuur, wat baie belangrik is.”
Du Preez sê die leierskorps om Schreuder sal dié skrumskakel goed bystaan.
Schreuder, wat die Bokke in 2017 in een toets verteenwoordig het, sê dit is vir hom 'n eer en 'n voorreg om as die Haaie se kaptein aangewys te word.
“Saam met Beast en die res van die leierskapsgroep, sien ons uit na die seisoen wat voorlê en om ons ondersteuners trots te maak,” sê hy.
Die Haaie speel op 3 Februarie in 'n opwarmwedstryd teen die Leeus in Kaapstad, terwyl hul tweede en laaste losmaker op 9 Februarie teen die Bulle in Durban plaasvind.
Die Haaie se Superrugby-veldtog begin op 16 Februarie teen die Sunwolves in Tokio.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie